Dié wiskundetruuk laat almal slim voel

Argieffoto (Foto; Chuk Yong/Pixabay)

Om persentasies uit te werk, kan ʼn nagmerrie wees – veral as jy nie ʼn sakrekenaar byderhand het nie. ʼn Wiskunde-kenner en vryskutkopieskrywer het egter ʼn wenk op Twitter gedeel om ingewikkelde somme te doen.

Die “verstommende truuk” behels dat jy net die getalle omruil om dinge bietjie makliker te maak. As jy byvoorbeeld 18% van 50 moet uitwerk, dan kan jy dit bloot net omruil: 50% van 18 – die antwoord op albei is nege.

Nog ʼn voorbeeld is 4% van 25. As jy dit omruil, is dit 25% van 4 – die antwoord is telkens een.

Ben Stephens van Brighton het dié wenk op Twitter gedeel en dit is intussen wyd op sosiale media gedeel. Van sy volgelinge het gesê die wenk is “lewensveranderend” en ʼn ander wou weet waarom niemand hom dit op skool geleer het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Koos ·

Daar is hordes sulke “truuks” wat nie in ons skole geleer word nie. Waarom, weet ek nie, maar dit verduidelik wel ons land se wiskunde punte. Ek leer my kinders alles wat skole nie as “standaard” aanvaar nie en hulle punte getuig daarvan!

Asb Koos ·

Nou deel bietjie jou truuks, asb man Koos – sharing is caring!!

Koos ·

Asb Koos, gaan google Japanese Maths. Kyk op Youtube. Baie interesant.

En nou? ·

Enige iets wat met 11 gemaal word:
bv. 23 x 11 = 253
Jy tel die twee getalle bymekaar(2 +3) en die antwoord (5) kom in die middel.
As die antwoord van die twee getalle wat jy bymekaar getel het meer as 10 is, dan kom die antwoord nogsteeds in die middel, maar die syfer aan die linkerkant moet een aan beweeg.
bv. 76 x 11 = 836
Ek hoop die verduideling maak sin en dat baie mense die voorbeeld voorentoe kan gebruik!

Ag toe Maroela ·

Maroela, kan julle nie bietjie sulke idees en tips deel met die lesers nie? Onthou baie ouers is nie opgewasse vir hierdie wilde wiskunde wat die kinders moet doen vandag nie. Soos julle taal toffies ens – wat van lesers wat elke week ‘n tip of truuk kan instuur en julle publiseer dit onder ietsie soos Wiskunde tips? Sal so baie mense help – of dalk kinders wat hier lees…

JaaaHoe? ·

@AgToeMaroela, jy kan dit net Google. Daar is terduisende tips en tricks.

Norls ·

Okay, wat is 21% van 1898 ? 1898% van 21? lol, werk net met maklike somme.

Stefan ·

Jy is reg Norls – dit het net beperkte gebruik en boonop is dit nie ‘wiskunde’ soos in die opskrif beweer word nie, maar doodgewone rekenkunde!

Anonieme Lafaard ·

Norls, dit werk nog steed 21/100 x 1898 = 1898/100 x 21 = 398.58. Vermenigvuldig is kommutatief m.a.w. jy kan die orde omruil sonder om die antwoord te verander.

Anonieme Lafaard ·

Norls, dit werk nog steeds: 21/100 x 1898 = 1898/100 x 21 = 398.58. Vermenigvuldiging is kommutatief m.a.w. jy kan die orde omruil sonder om die antwoord te verander.

Lizette ·

Waar gaan google mens nog van die idees, my seun is gr 8 die jaar en ek sukkel self met die wiskunde. Die pa is nie altyd beskikbaar om te help nie.

JanB ·

Lizzete gaan na youtube. Op die “soek na”(search) tik jy wiskdou in. Alles in Afrikaans. Geniet

Gys ·

Een “truuk” wat kinders gerus kan aanleer, is die 13 tot 20 maal tafels. M.a.w. in plaas daarvan om net tafels tot by 12×12 te leer, leer tafels tot by 20×20. Dis maak jou lewe net daai bietjie makliker. Ek is 47, so ek weet nie of kinders deesdae nog ooit enige tafels leer nie?

PappaEngel ·

Kom ons gestel jy wil BTW (15%) uitwerk. Die item wat jy wil koop is R700.
Sê net: 15 x 7 = R105,
want 15% van R700 = 105

En nou? ·

Nice een, PappaEngel!
Ek gaan die een defnitief onthou vir jare!!!!

Johnny ·

9*7=63 7-1=6+3=9 63
9*5=45 5-1=4+5=9 45
9*6=54 6-1=5+4=9 54
9*4=36 4-1=3+6=9 36
9*8= 72 8-1=7+2=9 72

die 9 tafel

Daan ·

PappaEngel, 15% BTW van R700 = 15 gedeel deur 115 x R700 = R91.30

Willem ·

Daan. jy is verkeerd; 15% van R700 = R105 (700/1 x 15/100 of 700 x 0,15 of 7 x 15). Wattereen jy ookal verkies

Tiekies ·

3 broers erf 17 beeste by hul pa.Die testament se een kry 1/9 en een die 1/2 en die ander een 1/3.Nou hoe kry jy bv die 1/2 van 17 sonder om n bees op te sny.
Die een broer kry n slim plan.Hy leen een bees by sy buurman so nou is daar 18 beeste.Die1/2 van 18 is 9,n 1/9 de van 18 is 2 en 1/3 van 18 is 6.
So 9 +2+6 =17 en die bees wat oorbly van die 18 gee hy weer terug aan sy buurman.

Kubus ·

Persentasies bluf baie mense. Byvoorbeeld 80% witmense het n motor en 20% van swarmense het n motor. 4,8miljoen witmense het dan n motor en 10 miljoen swartmense het n motor. (werk met 6 miljoen witmense en 50 miljoen swartmense) So, dit is duidelik hoe persentasies in die politiek gebruik word om mense te bedrieg , want die werklike getalle laat die saak anders lyk as wat voorgegee word. Baie mense weet in elk geval nie wat n persentasie van iets is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.