Dief se kar gesteel toe hy by winkel inbreek

Skermgreep uit die video

ʼn Man se voertuig is gesteel terwyl hy besig was om ʼn winkel oorkant die straat te besteel.

Kennewick-polisie in Washington, VSA, het Sondag omstreeks 06:00 reageer op berigte van ʼn gesteelde voertuig. Die eienaar van die voertuig, William Kelley, het die polisie ontbied en gesê iemand het sy rooi 1992 Chevrolet-bakkie gesteel.

Volgens die polisie het Kelley sy sleutels op die sitplek gelos. ʼn Man, wat op ʼn fiets verby die bakkie gery het, het die sleutels opgemerk, sy fiets agterop gelaai en met die bakkie weggery.

Ná kringtelevisiebeeldmateriaal bestudeer is, het die polisie egter ontdek Kelley was op die toneel omdat hy goedere uit ʼn winkel oorkant die straat gesteel het. Hy is in hegtenis geneem op aanklag van diefstal.

Die polisie het nog nie ʼn verdagte aangekeer in verband met die gesteelde voertuig nie.

Stolen Pick-up Truck

On 8-25-2019 at about 6:00AM, KPD responded to the area of the 500 block of E Bruneau for an auto theft that had just occurred. The owner of the vehicle, William Kelley, was reporting that someone just stole his red 1992 Chevy pickup with maroon canopy, WA license B96531X. He had left his keys on the seat. A male riding a 10-speed rode by and discovered the keys and then threw his back bike in the bed of the truck and fled. Video was obtained of the incident and a new fact was discovered. Kelley was at the location because he was stealing items from a business across the street. Kelley was booked into the jail in the AM hours on a warrant and subsequently a new charge of Burglary was added. Kelley's vehicle has still not been located. Any assistance with locating the truck or the identify the car thief, please call KPD reference case number 19-33651.

Posted by Kennewick Police Department on Sunday, August 25, 2019

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier speel nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Robert ·

Was ‘n klein wieletjie daai het vinnig gedraai – hahahaha

Keulder ·

Dis waarom Suid Afrikaanse skurke altyd iemand by die “getaway” kar los.

HPV ·

Verskil is, hier vermoor hulle jou vir minder as ‘n voertuig.

humor ·

Daar is al min rede om in SA te lag, Nou lag vir die eerste keer vandag en nie oor iets in SA nie maar wel oor iets in die VSA, want hier is weinig om oor te lag.

Petro ·

Lekker lag ek nou!! Mens noem dit die blinde sambok, kry vir jou sakkie!!!! hahahahaah

Hanlie ·

Ha, ha, ha ek kan nie ophou lag nie. Kan ‘n mens so dom wees?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.