Seph Ware, ʼn graad 9-leerder aan die Good Hope Middle School in West Monroe, ly aan Duchenne-spierdistrofie, ʼn progressiewe siekte wat sy spiere aantas en alledaagse take bemoeilik. Presley is al die afgelope vier jaar aan Seph se sy en begelei hom selfs by die skool na al sy klasse. Presley help Seph om sekere take te verrig soos om items op te tel wat hy laat val, ligskakelaars aan te sit en laaie oop en toe te maak.
Volgens Alabama Local News het personeel by die skool tydens die onlangse fotosessie voorgestel dat Presley ook in die jaarboek moet verskyn aangesien sy al so ʼn bekende gesig by die skool is. Dit het ongeveer 10 minute geneem om Presley te oortuig om vir die kamera te kyk, maar die eindproduk was ʼn baie spesiale herinnering vir ʼn seun en sy hond.
Te oulik. Ken iemand wat se dogter aan hierdie toestand ly. Haal my hoed af vir die jongman.
Te oulik, kan dink dat hy bly is sy helpertjie se foto pronk langs syne. Wonderlik darem hoe hulle die honde leer om iemand so mooi te help. Glo dit maak die lewe vir Seph sommer baie makliker as wat dit sou wees sonder sy Presley.