Dieretuin verf glo donkie om soos sebra te lyk

Foto: Mahmoud Sarhan, Facebook

ʼn Dieretuin in Egipte ontken dat hy swart strepe op ʼn donkie geverf het om dié soos ʼn sebra te laat lyk.

Mahmoud Sarhan, ʼn student van Port Said in Egipte, het foto’s van die “sebra” op Facebook gepubliseer nadat hy die Kaïro- internasionale tuin munisipale park besoek het. Hy het gesê die swart strepe het begin afsmeer in die hitte en die dier se gesig en ore lyk eerder soos ʼn donkie sʼn, berig CNN.

Die dieretuin hou egter vol dit is ʼn regte sebra. “Die dier is nie geverf nie,” het Mohammed Sultan, direkteur van die dieretuin, aan Egipte se Youm 7-nuuskanaal gesê.

Sarhan se foto’s word intussen wyd op sosiale media versprei en ʼn paar kenners het ook van hulle laat hoor. Delcianna Winders, adjunkpresident van Peta (People for the Ethical Treatment of Animals), het gesê dit wil voorkom of die dier nie goed versorg word nie. “Geen gerespekteerde instansie wat na diere omsien sal ʼn donkie onderwerp aan die stres om met chemikalieë gespuit te word nie – dit kan boonop ʼn allergiese reaksie veroorsaak. Peta hoop dat owerhede in Kaïro ten volle sal ondersoek instel,” het Winders aan CNN gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Suzan ·

Ek stem saam. Ons was Desember in Egipte en die arme donkies het glad nie ‘n lekker lewe daar nie. Ons het vir mekaar gesê as jy ooit kla oor ‘n dag by die werk, moet jy net onthou dat ‘n donkie in Egipte se werksdag baie erger is as wat joune ooit sal wees.

Willie ·

Soos party mense daarvan droom om n BMW te besit …. so begeer donkie kind die Zebra lewe seker???…….

SNEL ·

Seker lagwekkend, dat hulle dink mens se mentaliteit is so laag om dit nie op te merk nie, en dan staan hulle nog voet by stuk hy is n opregte zabra. Baie hartseer vir die donkie en wat hy moes drurmaak met die gespryery. Hoop regtig hy word daar verwyder, dink daai verf irriteer sy vel, lyk rooi by sy snoet of lyk die swart verf net so op die foto. Wat mense nie sal doen vir geld nie.

Theresa ·

Dat hul nou wragtie sal stry teen wit en swart bewys dat dit donkie se kind is met smeersels op gesiggie!
Hoop daar is iets soos ‘n DBV in Egipte??!!

Nettie ·

Liewe land, dink die Egiptenare nou regtig mense is so onnosel? Daai is DONKIE-se-KIND sonder enige verdere vrae. Nie alleen is ‘n sebra se kakebeenstruktuur opmerklik anders as ‘n donkie nie, maar hul ore is kleiner en die oë is effens meer na bo/agter. Ek dink ookjou deursnee sebra is “langer” op die been as die gewone donkie.

Vir wat nou ‘n dierbare, diensbare donkie so loop staan en vermink?

pieter ·

Klink maar soos die epidemie wat ons ook hier beleef, lieg en bedrieg en as bewyse gelewer word, word dit nogsteeds ontken.

Maar dat dit n geverfde donkie is, is nie te betwyfel nie.

E.K. die eerste ·

Ek dink daai arme donkie gaan vinnig vervang word met ‘n regte zebra want hulle weet hulle is meters diep in die bollie. Ek kan net glad nie verstaan hoekom so iets wil doen nie? Simpel verby.

Johann cb ·

Ai tog, arme dier! Miskien is dit ‘n nuwe ras wat ons die “zonkie” kan noem…!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.