Dieselfde uitrusting, 40 jaar lank

onderwyserDale Irby, ʼn liggaamsopvoedingonderwyser, dra al die afgelope 40 jaar  dieselfde uitrusting vir die jaarboekfoto.

Irby het aan die Dallas Morning News in Amerika gesê dit het per ongeluk gebeur. “Ek was so skaam toe ek die tweede jaar se skoolfoto met die eerste een vergelyk en sien ek het dieselfde hemp en bruin v-nektrui aan!” het hy gesê.

Sy vrou het hom glo uitgedaag om dit vir ʼn derde jaar ook te doen. Hy het die uitdaging aanvaar en toe besluit vyf jaar sou beter wees. Daarna het hy net nie weer opgehou nie. Klik hier om meer te lees.

Dallas Morning News het die fotoreeks in ʼn video saamgestel:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.