Dirty Dancing-roetine loop skeef vir dié paartjie

Foto: Elle Hardy, Twitter

ʼn Paartjie is bewusteloos gelaat toe ʼn dansbeweging uit die bekende 1980’s Dirty Dancing-fliek, wat hulle vir hul troudag wou oefen, skeefgeloop het.

Sharon Price en haar verloofde Andy Price, het die finale dansbeweging uit die fliek in ʼn tuin in Somerset, Engeland, probeer.

Andy (51) het sy bewussyn verloor en het harsingskudding opgedoen. Hy moes ʼn nekstut dra en ook ʼn CT-skandering ondergaan. “Ons was ongeveer 10 meter van mekaar af weg en Sharon het gehardloop en ek het haar heupe gegryp, en die volgende oomblik het ons albei ons bewussyn verloor.”

Andy sê hy het ʼn paar jaar gelede ʼn ligte hartaanval gehad, so die dokters was net “versigtig” met die toetse wat hulle gedoen het.

Die paartjie is ses uur later uit die hospitaal ontslaan.

Die 1987-fliek, met Patrick Swayze en Jennifer Grey, is Sharon (52) se gunstelingfliek. “Ek het dit al oor en oor gekyk. Ons het gedink dit sal bietjie iets anders wees.”

Die paartjie, wat toevallig dieselfde van het, het gesê hulle sal nou aan iets anders moet dink vir hul eerste dans as getroude paartjie.

Lees ook: BBC, Mirror
Hier is die toneel uit die fliek:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

A. Mac ·

Weet nie of ek moet lag of jammer voel vir die twee. Mens moet tog jou liggaam se bou en jou eie fiksheid in ag neem as jy sulke goed wil doen. Wat in die flieks so maklik lyk is nie altyd so in die werklike lewe nie, veral as jy nie lyk soos die akteurs nie. Dink net as hierdie voorval op die onthaal mos gebeur?

Jeannette ·

Ai, hoe verlang ek tog nou nie terug na my jeug nie! “Now ….. I had the time of my life ……” en wyle Patrick Swayze wat menige tiener meisie laat kwyl het van die lus ………….. Ja-nee ek stem, A. Mac – mens moet goed soos liggaamsbou en fiksheid asook fisika en swaartekrag in ag neem as jy súlke truuks wil uithaal ……..

Theresa ·

Fiksheid, swaartekrag! Rondings – botsings! phew – hul het baie guts gehad, maar toe ontplof die idee tot op die grond. Wil graag die wals voorstel vir die eerste dans…

antie ·

Dis nou vrek snaaks….ai mense ” stick to your age man”.

Mars ·

Ag nee tog. Julle twee moes mos besef het dat julle mekaar sal onderstebo dirty dancing met ernstige beserings!!

Maroela Supporter ·

Regtig.!!!!! Give that man a Bells. All he got or rather say heard was bells and Whistles. I need a new pair of pants. Mine is wet after this laugh…

Uvonka ·

Komieklik! Ek kan verstaan hoekom hulle dit sou wou probeer, dit was ‘n sensasionele fliek maar die danspassies ens is liefs vir fikse, vietse mensies bedoel.

Dovaz ·

??? The Price family paid the price for their Dirty Dancing. Oh what pitty. They each by the hip and end up skip skip. ?

Nhk ·

Moet maar n wals probeer. Dans hou n mens lekker fiks. En is dit lekker om te dans.

Uvonka ·

Hoor hoor! Nhk daar moet ek defnitief saam stem. Dans is vir my by verre beter as enige hoeveelheid sessies by die gym en dan nog lekker ook!

SNEL ·

Ek stem, weet ook nie of ek moet lag of jammer voel vir hulle nie, maar regtig, daai lyfies lyk nie soos lyfies wat daai gevaarlike bewegings moet oefen nie. Hy moet sterk wees om haar bo sy kop te kan hou. Hul moet maar eerder Nhk se raad volg en wals. Ek is self nie n riet nie, maar dan moet mens besef wat jy kan en nie kan doen nie en daai “moves” is nie vir ons met bietjie ekstra vleis gemaak nie, ons moet so naby moontlik aan die grond bly.

REGVERDIG ·

Groot ekskuus, maar ek kan nie ophou lag nie……………. dit was nou vir my die storie van die dag.
Ai mense, dit verg jare se oefeninge om so iets te doen… LOL !!!!!!!!!!!!!!!
Ek hoop regtig die mense is okay??

Suzie ·

Hahahahaha!! Dis “funny” !!… te oordeel na die 2 pikante lyfies op die grond het “swaar”- tekrag ingetree.

vra net ?? ·

sekere dans passies is nie vir almal bedoel nie , bly eerder by wat jy weet jy kan kan en nie kan dien nie , waaghalsige poging gee hul krediet .

Santie ·

Hierdie fliek bly vir my die beste ooit! Maar ek dink die tweetjies moet eerder ‘n “slow dance” prober. Niks se gespringery nie! ☺♫♪

Danie ·

Ek kan nie onthou of dit met Dirty dancing ook die geval is nie. Gewoonlik wanneer sulke toertjies (soos in Dirty Dancing) opgevoer word, word die akteurs aan kabels vasgemaak om seker te maak dat dit reg en veilig gedoen kan word en dat albei die akteurs dit maak en “oorleef”. Soos in menige rolprente voor hierdie een en menige daarna word die kabel of uitgeverf of digitaal uitgehaal.

Om daardie rede word daar gewoonlik aan die einde van ‘n rolprent gesê dat mens nie die toertjie wat in die rolprent vertoon is by die huis moet namaak nie.

Se Net ·

As ek so na die foto kyk, moes sy hom dalk eerder try vang en oplig het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.