Dís hoekom 29 ton wortels in ʼn straat gestort is

Foto: Rafael Perez Evans

Altesaam 29 ton wortels is Dinsdag in ʼn straat in Londen gestort en omstanders is verstom gelaat. Inwoners het hulle Woensdag na sosiale media gewend om foto’s en video’s van die petalje te deel.

Die wortels is buite Goldsmiths College in die suide van Londen gestort. Een van die video’s wys hoe ʼn vragmotor die vrag wortels in ʼn straat op die universiteitkampus stort terwyl ʼn skare studente toekyk.

“Weet enigiemand hoekom ʼn groot volume wortels op Goldsmiths-universiteitkampus gestort is?” wou een Twitter-gebruiker weet.

ʼn Ander het ʼn video van die berg helder oranje groente gedeel.

Die raaisel is opgelos toe Goldsmiths op een van die Twitter-plasings reageer het om te verduidelik dat dit deel is van ʼn kunsuitstalling deur ʼn student.

“Dit is ʼn kunsuitstalling genaamd ‘Grounding’ deur die kunstenaar en beeldende kunsstudent Rafael Perez Evans,” het die kollege gesê. Dit is deel van Evans se uitstalling vir sy graad in beeldende kuns.

Evans het in ʼn verklaring gesê “die groente in die stuk is ongewensde wortels; wortels wat die voedselbedryf in die Verenigde Koninkryk nie waardig genoeg ag vir winkelrakke nie”. Die wortels sal ná die uitstalling verwyder word en as voer vir plaasdiere geskenk word.

Die kunswerk ondersoek “die spanning in sigbaarheid tussen die plaas en die stad” en is geïnspireer deur Europese boere wat hul swak gewaardeerde voorraad as ʼn tipe betoging gestort het.

Alhoewel Evans gereël het dat die wortels ingesamel en as voer vir diere gebruik sal word, het Sky News berig dat talle studente sedertdien op die berg wortels geklim en daarvan huis toe gevat het om te eet.

Die kunswerk het gemengde reaksie op sosiale media uitgelok. Sommige veroordeel die kunstenaar dat hy bydra tot voedselvermorsing, in plaas daarvan om die kwessie uit te lig. “As dit nie op die grond gestort is nie, kon dit aan organisasies geskenk word om mense te voer,” het ʼn Twitter-gebruiker gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Suzette ·

Dis belaglik as mors met kos as ‘n kunsuitstalling uitgebeeld word….

Is jy seker? ·

Jy mis die punt totaal. Dié wortels is nie mooi of reguit genoeg dat winkels dit nie verkoop nie. Maak dit nou bietjie meer sin? Dit beeld juis vermorsing van mense uit.

Adam Adriaan ·

Stel voor hulle neem dit na hulle perde renbane toe en trakteer al die perde op die smul dis. Perd is mal oor wortels en die Engelse is ook mal oor hulle perde resiese. Dan baat almal daarby

LANA is ELANè ·

Gruwelike vermorsing van kos, veral in tye soos hierdie. Hierdie kamtige kunstenaars wat enige belaglikheid tot kuns verhef is om v naar te raak.

elenor ·

Nie gemors nie, dis vir diere gebruik en die feit dat dit op die grond gestort was mens moet dit net afspoel. Dis juis die punt. niks is fout met die wortels nie maar tog wil die mense dit nie he nie.. Dis waaroor die kuns gaan. Mense wil nie krom en skewe wortels eet nie, maar niks is fout met dit nie…

Moedeloos ·

Sal graag die voltooide kuns resultaat wil sien. MN hou ons asb op hoogte

QueenB ·

Ek sal ook maak soos die studente en huis toe vat om te eet dus ’n vermorsing van kos en daar is so baie wat nie het nie veral in die tyd..agge nee man kunswerk se voet

Willie ·

Daar is gesê in die artikel dat die wortels nie waardig is vir die winkelrakke nie en dat hulle dit gaan opruim na die uitstalling en dit as kos skenk vir diere en nie weggooi nie.
So ek sien dit nie as vermorsing van kos nie.

Janiqua (Jana) ·

Mense lees nie die artikel nie… Dan maak hulle iets op om sensation te lok… Snaaks dat mense nooit die goed in enige iets sien nie en net die sleg uit als haal.

Niks word gemors nie dit word aan lewende diere gegee wat ook kos nodig het om te leef. Die selde diere wat hulle later slag en eet.

As hulle nie fevoer word nie is daar more weer n ander storie oor diere was mishandel word.

RS ·

Simpel verby! Gee tog daai mens net iets konstruktief om te doen asb.

Jack ·

Volgens wat ek onlangs gelees het gaan ongeverr 50% van die wereld se bevolking saans honger slaap. In Brittanje gooi hulle 29 ton wortels weg. Ironies? Die probleem is hoe kry jy die oorskot voedsel op een plek uit by die miljoene hongeriges op ander plekke. Dis nie die mense wat die oorskot het se skuld dat ander honger ly nie, dis swak regering en onnosel ideologie se skuld dat miljoene mense in armoede leef.

Corne123 ·

Ag regtig was die wortel en skil dit af sida en jy kan dit eet.
Mense maak n helse ding van niks nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.