‘Dis jou pappa wat praat,’ sê Elon in kosbare oomblik

Elon Musk en Baba X (Skermgreep uit die video)

ʼn Video van Elon Musk en sy babatjie trek baie aandag op sosiale media vanweë die kosbare oomblik tussen pa en seun.

“Klink my stem bekend?” vra die 48-jarige Suid-Afrikaans gebore internet- en ruimtelanseringsentrepreneur vir Baba X. “Wie is ek? Dis jou pappa wat praat.”

Musk, uitvoerende hoof van Tesla en SpaceX, en die Kanadese sangeres, Claire Elise Boucher (professioneel bekend as Grimes), se seuntjie is op 4 Mei 2020 gebore. Hulle het bekendgemaak die seuntjie se naam is X Æ A-12.

Maye Musk, Elon se ma, het die video van pa en seun op Twitter gedeel en dit is binne 24 uur reeds meer as 2,8 miljoen keer gekyk.

Die video trek ook aandag omdat dit die noemnaam van die baba bekend maak as “Baba X”. Die spelling van Baba X se naam moes ook effens gewysig word toe hy geregistreer is, omdat wetgewing in Kalifornië slegs die 26 letters van die Engelse alfabet toelaat. Hy is dus geregistreer as X AE A-XII. Die 32-jarige Grimes het vroeër in ʼn onderhoud met Bloomberg verduidelik die naam word as “Ex Eye” uitgespreek.

Baba X is Musk se sewende seun. Sy eerste seun, Nevada Alexander Musk, saam met sy vrou Justine Musk, is in 2002 as ʼn 10 weke oue babatjie oorlede.

Justine en Elon was getroud tussen 2000 en 2008.

Hul tweelingseuns Griffin Musk en Xavier Musk, is in 2004 via in vitro-bevrugting (IVF) gebore. Hul drielingseuns Kai Musk, Saxon Musk en Damian Musk, is in 2006 gebore, ook via IVF.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

BoerSonderRoer ·

Sy seun gaan nog aandring that hy Afrikaans wil leer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.