Dis toe gʼn eksotiese voël dié nie

Foto: Tiggywinkles Wildlife Hospital

ʼn Oranjekleure voël was op ʼn snelweg in Engeland gestrand toe verbygangers hom gered het. Hulle het dadelik ʼn diereskuiling gekontak en laat weet dat hulle ʼn oranje voël gered het – wat byna soos ʼn gevleuelde Cheeto lyk.

Sou dit dalk ʼn voël wees wat uit ʼn dieretuin ontsnap het? Of dalk ʼn onwettige troeteldier van die Amasone wat ontsnap het?

Die diereskuiling het gou bevestig dit is ʼn gewone seemeeu met ʼn ongewone probleem – hy is met kerrie of borrie bedek en kon nie vlieg nie.

Die Tiggywinkles Wildlife Hospital in Buckinghamshire het op Facebook gesê hulle is onseker hoe die seemeeu in dié tameletjie beland het. “Gelukkig, ondanks die gekleurde vere en sterk reuk, was hy gesond.”

Die hospitaal het die seemeeu “Vinny” gedoop, as ʼn verwysing na Vindaloo-kerrie. Hulle het daarna sy vere begin skrop (terwyl hy die span ook vol kerriewater gespat het!) en sal binnekort vrygelaat word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ronel Nortje ·

Ag jitte, is hy nie te “pragtig” nie. Mens moes hom eintlik so kon gelos het! Niemand sal hom kan miskyk nie.

Wielspore ·

Ons het jare terug wit Poedel honde gehad en hulle hare gekleur met koek keursel. Ek kan onthou dat die bruin kleursel omtrent so ‘n kleur soos die in die berig afgegee het. Die kleursel was maklik uit.

Diefie ·

Dis ‘n geheime agent K, van Suid Afrika. Gedink niemand gaan hom sien nie. OEPS

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.