Dís waarom ligte in die vliegtuig afgeskakel word

Argieffoto (Foto: Unsplash, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Unsplash, Pixabay)

ʼn Vlieënier het bekend gemaak waarom die ligte in ʼn vliegtuig altyd afgeskakel word wanneer die vliegtuig opstyg of land.

Patrick Smith, outeur van die boek Cockpit Confidential, het verduidelik die ligte word afgeskakel as ʼn veiligheidsmaatreël indien daar ʼn ongeluk is. “Om die ligte af te skakel, help mens se oë om solank aan die donkerte gewoond te raak,” het hy aan The Telegraph gesê. “Dit is ʼn voorsorgmaatreël sodat jy nie skielik verblind word wanneer iets gebeur en die elektrisiteit word afgeskakel nie.”

Volgens Smith maak dit ook die beligting in die paadjie en ander tekens duideliker en help passasiers om ʼn “basiese sin van oriëntering” te behou.

Dit neem ongeveer 10 minute vir mens se oë om gewoond te raak aan donkerte, so waardevolle tyd word gespaar in ʼn noodgeval.

Chris Cook, nog ʼn vlieënier, het ook bevestig die ligte word afgeskakel om mens se oë te help om aan te pas. “Verbeel jouself jy is in ʼn onbekende helder kamer, vol hindernisse, en wanneer iemand die ligte afskakel, moet jy vinnig die uitgang vind,” het hy in Februarie aan The Sun gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Kobus 4e ·

Ek vlieg al baie jare, maar dit maak nie sin nie. Ek land gewoonlik tussen 7 en 10 uur in die oggend op OR Tambo wanneer ek huistoe kom, dan skyn die son helder. Die blinders voor die vensters moet OOP wees, die crew vra ook om dit oop te maak as dit toe is.
Patrick Smith se dit is om jou oe gewoond te maak aan die donker??

Andre ·

Gewoond te maak aan hoe dit sal wees as die krag af is maar die blinders oop. Wat verstaan jy nie?

Paul ·

Die artikel is swak geskryf. Die praktyk van ligte af, blindings oop, is om die passasiers se oë gewoond te maak aan die vlak van natuurlike lig, of dit nou dag of nag is.

Dis ook geen geheim nie.

Jos ·

Die oop blinders is ook vir die nooddienste om binne die vliegtuig te kan sien indien daar ‘n nood situasie sou wees.

Sarel Koen ·

Dit is om alle moontlike krag vir die enjins beskikbaar te hê indien daar om een of ander rede skielik weer opgestyg moet word. Slegs noodsaaklike ligte soos landingsligte, navigasieligte en instrumentpanele bly aan.
Hierdie geld ook vir ligte vliegtuie.

Toki Scura ·

Die elektriese bedrading loop van punt A na punte B, C, D……….as jy dit afskakel by punt A is daar geen krag verder aan in die bedrading nie. Sodoende verminder die gevaar van ‘n brand in ‘n noodgeval.

Thanks ·

Thanks jul klomp slim koppe, almal se redes maak sin en ek dink die kombinasie van redes is die rede waarom dit so is en ek gee graag gehoor daaraan. Met die opstyg is die excitement en met die landing is die laaste power nap, dankie daarvoor!

LOUIS ·

Kan iemand dalk verduidelik hoekom selfone afgeskakel moet word op n vliegtuig. Volgens discovery program op TV het selfone geen invloed op die n vliegtuig nie

Langjan ·

Miskien nie een foon of 10fone nie,maar 189passasiers,50fone almal aan.dan maak dit dalk n verskil

Paul ·

Dit is korrek dat dit geen invloed het nie. Aanvanklik, toe selfone nog nuut was, was daar vrese dat dit dalk die vliegtuie se stelsels kan beïnvloed. Sedertdien is daar bepaal dat dit definitief geen effek het nie, buiten aanvanklik wel op sommige vliegtuie ‘n invloed op die vlieëniers se oorfone, soos daardie geluid wat mens soms oor luidsprekers hoor as ‘n selfoon naby is. Die oorfone is opgegradeer om dit uit te skakel.
In talle lande kan mens nou jou selfoon aan hou gedurende die hele vlug.

Verdere punt: Dink jy as selfone regtig gevaarlik was op vliegtuie, dat dit enigsins toegelaat sou word? Die vlieëniers sou weier om te vlieg voor almal nie hul selfone in ‘n sluitkassie toegesluit het nie. Die blote feit dat mens nog altyd jou foon by jou kon hou, toon aan dat dit maar net ‘n maartreel van oordrewe versigtigheid was.

Chris ·

Ek doen altyd alles wat die kajuitpersoneel sê ons moet doen. Ek sit ook gewoonlik altyd heelagter in ‘n vliegtuig. Ek het nog nooit gehoor van ‘n vliegtuig wat in/teen ‘n berg vas “reverse” nie.

André ·

Jou oë lekker gewoond aan die donker en dan is daar sielike HELDER lig van die ontploffing of wat ookal? Hierdie maak rerig geen sin nie.

Piet Strauss Joubertstraat 13 Glen Marais Kempton Park ·

Amanda, die brandstoftenks sit binne in die vlerke.
Eintlik is daar nie werklik ‘n veilige sitplek nie. Heelwat passasiers wie naby aan die stert gesit het, het al oorleef, maar elke ongeluk het sy eie volgorde van gebeure voor en tydens ongelukke. Lekker vlieg en onthou, mens kan nie verder as die grond val nie!

Tobie ·

Ek weet dat ons wanneer ons in die nag Valskerm spronge gedoen het dan was die ligte binne die vlietuig rooi sodat wanneer ons uit die vlietuig is jy dadelik kan sien in die donker lig.Niks van fokus nie.Hoop dit help ook met die redes

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.