Dís wat met jou gebeur as jy Woolies-water drink

Woolworths se waterverkope het vandeesweek waarskynlik gestyg ná gebruikers op sosiale media onthul het wat met jou gebeur as jy dié handelaar se water drink.

ʼn Twitter-gebruiker, wat homself Oom Sinkila noem, het Maandag ʼn video gedeel van hom en ʼn paar vriende wat Woolworths-water drink en meer as 17 000 gebruikers het intussen aangedui dat hulle van dié video hou. Meer as 6 500 gebruikers het die video gedeel.

Oom Sinkila en sy studentevriende het gewys dat hulle Suid-Afrikaanse aksente skielik in ʼn Britse aksent verander sodra jy van dié water drink.

Ander gebruikers het ook vinnig reageer en hul eie video’s onder die hutsmerk #WoolworthsWaterChallenge gedeel.

Hier is Oom Sinkila se video:

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie.

Twitter-gebruiker #MlaziPiano, glo ʼn werknemer van Woolworths, het ontdek iets soortgelyk gebeur as jy Woolworths se melk drink:

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie.

Dala U Crew het daarna ʼn wit persoon gevra om ook die water te drink. “Julle moet wonder wat sal gebeur as ʼn wit ou Woolworths-water drink #nowyouknow”:

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie. 

Gebruiker Kevin Narain het ook die water probeer:

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie.

DA-leier Mmusi Maimane het intussen ook by die uitdaging aangesluit ná ʼn flater wat hy tydens ʼn toespraak gemaak het toe hy verwys het na “44 uit 10 persone wat werkloos is”. Hier is die flater uit sy toespraak:

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie. 

Hy het daarna ook Woolworths-water probeer om te kyk of dit dalk sy wiskunde sou verbeter:

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Anoniem ·

Vaderland maar julle mense is droog en sien nie die grap in die challenge nie. Kom bietjie uit jul donkerte uit en sien bietjie die goed in die lewe raak en hou op altyd so nors weers. Seker ou mense hahahah!

Heidi ·

Wie is jou ou mens?! Ek is oud en het dadelik Woolies water gedrink! Is baie snaaks!☺

honourable member ·

Ek dink dis baie oorspronklik. Oulik gedoen. Mens moet die humor in alles kan sien anders gaan jy n baie siek en verbitterde mens raak.

KG ·

Ek dink dis regtig oorspronklik en snaaks en baie goed gedoen. Ten minste kry Woollies vir ‘n verandering goeie publisiteit!!

Braam ·

Engels met britse aksent OK ja. Maar try Afrikaans met britse aksent

Trisha ·

Ek koop gereeld by Woolies, want hulle spesiale aanbiedings is goed en die personeel wat daar werk is altyd vriendelik en behulpsaam

Judge Dredd ·

Wonder net of dubbel die winsmarge die vriendelikheid/behulpsaamheid werd is.

Ek gaan winkels toe om ‘n produk te koop – nie smiles nie.

Confused ·

You only need to drink whataaaa for lesson in life! With beeeeg smile!

Lee ·

Soos Langenhoven gese het: Ons moet maar ons swaarkry met lekkerkry klaarkry.
So ‘n bietjie lagterapie kan niemand skade doen nie.

Andie ·

Nee, dis wat ons wisk 178 dosent gesê het langenhoven gesê het. Wie ken hom ook?

Oujongvrou ·

Dis die tipe saam lag en dinge uitdink wat n challenge is, om alle nasies saam te snoer. Almal is in n goeie bui en niemand is kwaad nie. Pragtig !!!!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.