Doebai soek Antarktika-ysberg vir vars water

Argieffoto (Foto: Robynm, Pixabay)

ʼn Maatskappy in die Verenigde Arabiese Emirate beplan om ʼn ysberg teen 2020 na Doebai te sleep.

Die sogenaamde Iceberg Project wil internasionale reaksies op droogte wêreldwyd en waterverwante humanitêre projekte ondersteun.

Die National Advisor Bureau Limited (NAB) het die UAE-Iceberg Project van stapel gestuur wat van plan is om ysberge van Antarktika na die kuslyn van Fujairah te sleep. Die maatskappy het in 2017, toe die projek aangekondig is, gesê dié skuif kan klimaatsverandering in die gebied aanspreek.

“Ons werk die afgelope jaar al baie hard aan die projek en is reeds besig met die volgende fase,” het Abdullah Mohammed Sulaiman Al Shehi, besturende direkteur van die NAB, gesê. Patente is reeds ingedien in die Verenigde Koninkryk, waaronder om die ysberg te sleep en om die koers waarteen die ysberg tydens die reis van ongeveer 12 000 km sal smelt, te verminder.

Volgens plaaslike media sal die projek tot $60 miljoen (byna R760 miljoen) beloop.

Die eerste fase van die projek sal na verwagting in die tweede helfte van 2019 begin waar die ysberg óf na die kuslyn van Australië of Suid-Afrika gesleep sal word. Die maatskappy beplan om in die eerste kwartaal van 2020 ʼn ysberg na die VAE te sleep.

Volgens die maatskappy is ʼn komitee van wetenskaplike kenners, Antarktika-spesialiste en marinebioloë aangestel om saam met navorsingsentrums en universiteite wêreldwyd saam te werk.

“Ongeveer 1,2 miljard persone het tans nie toegang tot skoon water nie,” aldus die projek se webwerf. “Die Verenigde Nasies voorspel dat 50% van die wêreldwye bevolking teen 2030 watertekorte sal beleef. Ontsouting is reeds ʼn geruime tyd aan die gang, maar die proses bly baie duur en dit is nie energiedoeltreffend nie.”

Aldus die verklaring disintegreer talle ysberge van Antarktika jaarliks en dryf dan op die oseaan waar dit smelt en miljarde gallon vars water gaan só verlore.

Die projek het die volgende video reeds in 2017 gepubliseer:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Peeter ·

Nee hulle moenie dit gaan global worming vinegar aan help.

Ruben ·

Sal like om dit dop te hou…op die einde van die dag is daar net te veel mense op die aarde oorloe het nog altyd die mensdom se bevolking in toom gehou dis tyd vir n derde wereld oorlog

skerpioen ·

Ruben en Monika, julle het duidelik geen idee dat oorlog alles behels nie….

Nico ·

Dom verby ! Net anderkant is Israel. Hulle het die beste goedkoop seewater ontsoutings tegnologie op aarde en daarmee het hulle hul water probleme opgelos en voer selfs uit. Water word uit die middellandse see gepomp en ontsout. Hier by ons kon dit ook gedoen word maar hulle wil nie daardie Israeli tegnologie bekom nie, al is dit vrylik beskikbaar.

Nika ·

wat van al die mikro-organismes wat in daai water gevries is?

Skepties ·

Daardie ysberge kom van die skoonste opvanggebied op aarde. Die water wat ons hier drink is baie vuiler as wat ysbergwater is.

Ray ·

Maar op ‘n meer ernstige noot. Ek dink dit kan nogal interessant wees om te volg. Die warm Indiese Oseaan kan nogal ‘n uitdaging wees vir so ‘n projek

GM ·

Teen watse prys? (En ek praat nie nou van geld nie). Daar is redes hoekom goed gebeur soos dit gebeur in die natuur. Ons, as mens, kan nie ALTYD die uitkoms van ‘n sekere aksie voorspel nie – nie op die langtermyn nie.
Die mensdom moet begin om te besef dat die hulpbronne laag raak.

Casper Labuschagne ·

Moenie na Antartika kyk nie, kyk reguit boontoe na die son. Dubai het hope sonskyn. Gebruik enige van ‘n verskeidenheid stelsels vir son energie om direk katalisators aan te dryf wat seewater in waterstof omskep. Gebruik die waterstof om turbines aan te dryf wat elektrisiteit opwek wanner die aanvraag die hoogste is. Die newe produk van die verbranding van waterstof is H20 oftewel, skoon water. Ek skud al vir jare my kop oor die ewige gesukkel met batterye om son energie te berg en oor die feit dat bogenoemde stelsel in ‘n skool se wetenskap laboratorium vertoon kan word maar dat dit nie op ‘n industriële skaal toegepas kan word nie. Klaarblyklik het dit te doen met gevare met die berging van waterstof, en geskikte allooie omdat waterstof klaarblyklik ‘n effek het dat staal bros word.

Peetie ·

ooh eks darm maar trots op my UAE!! What a place! Well done!

Kalahari Kind ·

Miskien het dit niks met water of ys te doen nie, maar dalk met dit wat blykbaar in Antartika bewaar of weggesteek word?

Bosluis ·

Nou vir wat sleep hulle nie net een die Ysberge weg wat daai klein dorpie in Groenland of Ysland bedreig nie? Maroela Media het n tydjie terug daaroor berig .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.