ʼn Dokter van Duitsland word aangekla van nalatigheid nadat hy ʼn 92-jarige vrou dood verklaar het, terwyl sy eintlik nie dood was nie.
Volgens die New York Post het die dokter die vrou in Maart dood verklaar nadat ʼn versorger nie ʼn pols by haar kon kry nie. Sy het ook nie asemgehaal nie. Die vrou is na ʼn lykshuis geneem.
ʼn Werker by die lykshuis het skielik ʼn harde gil uit die yskas gehoor en die vrou lewend gevind.
Staatsaanklaers het gesê die vrou is twee dae later amptelik dood verklaar toe sy weens ʼn hartkwaal in die hospitaal gesterf het.
Indien die dokter skuldig bevind word, kan hy ʼn boete of tronkstraf opgelê word.
Dink net hoe moes daai werker by die lykshuis geskrik het! hahaha