Dolfyn hap kind se hand

Foto ter illustrasie. (Foto: Fabrizio Frigeni/Unsplash)

ʼn Kind het diep snye aan sy hande opgedoen nadat ʼn dolfyn hom by ʼn akwarium gebyt het. Beeldmateriaal van die voorval is intussen wyd op sosiale media gedeel.

Volgens die Daily Mail is ʼn sesjarige seun by die Nemo Dolphinarium in Odessa in die Oekraïene deur ʼn dolfyn gebyt toe hy sy hand oor die dolfyn se swembad uitgesteek het.

In die video kan gesien word hoe die seun sy hand oor die water hou. Oomblikke later spring ʼn dolfyn uit die water en gryp die kind se hand. Die seun skree voordat die dolfyn sy hand los en in die water in sak.

Die seun, wat glo aan die dolfyn wou vat, het diep snye aan sy hande opgedoen en is onmiddellik na ʼn plaaslike hospitaal geneem waar hy steke ontvang het.

Volgens die dolfyn se afrigter, Olena Komogorova, wou die dier waarskynlik nie die kind seermaak nie.

“Hy het moontlik gedink die kind se hand is kos. ʼn Hand wat oor die water gehou word, beteken dat iemand vir die dolfyn ʼn eetding aanbied.”

Besoekers word glo ook deur personeel aangeraai om nie die swembad te nader of hul hande naby die water te sit nie.

NDTV berig dat die seun se ma glo haarself blameer vir die voorval. Sy beplan nie om die akwarium te dagvaar nie.

Die akwarium gaan na verwagting hul veiligheid opskerp om soortgelyke voorvalle in die toekoms te voorkom.

????Дельфин схватил ребёнка за руку, результат на фото«Все рядом стояли, дельфины к каждому подплывали прыгали, пищали, но моего схватили за руку Хотя другие прям лицо подставляли, трогали Таблички висят только о том, что бы в воду нечего не бросали, про руки нечего????‍♀️С ними плавают ,фотографируются в конце Поэтому это не нормально, в любом случае..»Ребята, будьте осторожны взаимодействуя с дельфинами, какими бы ручными они ни были.✍️ Прислать информацию???? Обсудить | Наш инст????✅ Подписывайся❤️⚓️

Posted by Подслушано Одесса on Sunday, June 6, 2021

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

C-Monster ·

Sjoe, kon baie erger gewees het. Gelukkig was dit nie te erg nie. Nou het hy ‘n koel storie om vertel vorentoe in sy lewe

VannieBaai ·

Shame, mens kan sien daardie dolfyn het onmiddelik gelos toe dit besef het dat hy nie kos hap nie. Arme seuntjie.

Gerhard ·

Dit is en bly n wilde dier. EK dink ons hier in Suid afrika verstaan dit beter maar die media en party natuurprrogramme leer die wereld dat elke leeu, olifant en in die geval dofyn jou beste maatjie wil wees. Jammer boeta maar jy karring nie aan wilde diere nie.

Sandra ·

Ja, die dolfyne reageer mos op hande. Handgebare vir toertjies, hande wat kos gee. Ek het nog nooit gehoor van ‘n dolfyn wat ‘n mens aspris seermaak nie. Mense moet leer om nie aan diere te vat wat hulle nie ken nie, en spesifiek by ‘n publieke akwarium of enige publieke plek. Sien dit baie waar mense aan wilde diere in dieretuine (wat nie eens moet bestaan nie) vat en dan die gevolge dra

Elinette ·

Die Ma BEHOORT haarself te verkwalik. Waarskuwingsborde is daar vir ‘n doel: OM GELEES, KORREK GEÏNTERPRETEER EN TOEGEPAS TE WORD. Die dolfyn het net instinktief gereageer – om te hap na dit wat dit gedink het, kos is wat aangebied word. EN DIT IS HOEKOM EK NIE VAN DIERETUINE, AKWARIUMS EN DOLFYNARIUMS HOU NIE – dit neem diere uit hul natuurlike habitat weg om te “showcase” aan mense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.