‘Donald Duck’ laat telebemarker les opsê

Donald Sizemore (Skermgreep uit die video)

ʼn Video van die 77-jarige Donald Sizemore se gesprek, as Donald Duck, met ʼn telebemarker, is baie gewild op sosiale media. Die video is reeds meer as 10 miljoen keer op Facebook gekyk.

Sizemore het as klein seuntjie al begin om die bekende Disney-karakter se stem na te maak en hy het selfs die liedjie “I love you truly” in Donald Duck se stem gesing vir sy vrou met hul 50ste huweliksherdenking.

Hy word gereeld deur telebemarkers gekontak, en toe een weer skakel, het sy vrou, Gayle, die gesprek op video verfilm. “Hewhoah? Hewwwwhoooooah, are you dhere?” wil hy by die niksvermoedende telebemarker wees. “Ohhhh, doah, am I in tawubble?”

Die telebemarker kry dan snuf in die neus en lui af.

Gayle het die video aanvanklik privaat gedeel op haar Facebook, maar haar dogters het só gelag daarvoor dat hulle haar gevra het om die plasing publiek te maak, sodat hulle dit verder kan versprei.

This is how DONALD (duck) answers telemarketers.

Posted by Gayle Sizemore on Thursday, August 29, 2019

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Swanna ·

HWA HA HA HA dit is nou uiters briljant, veral as hierdie smouse wat jou gerreld oor die foon plae met goed wat aan jou wil afsmeer. Bring hulle totaal van stryk af. Hie hi hi.

Charles ·

Jis dis nou te oulik!!!!!!

God seen Amerika!!! (Noord-Carolina spesiale verkiesing Republikeinse wen!!!)

Marinda ·

Bwhahahaha, wonderlik, ek sit gewoonlik die foon sommer langs die radio neer dat hulle maar musiek luister of antwoord glad nie as ek sien dis ñ snaakse nr of privaat nr.

emily ·

As jy nie werk het nie, en Telesales is jou enigste opsie, Dan maak jy die beste daarvan. Meeste van die mense werk net vir n kommisie.
Ja ek was een van hulle, maar om te lewe moes ek dit doen, En snaaks genoeg ek mis dit nogal. Dit is harde werk.
As jy nie belangstel nie, se dit vir die persoon,

Db ·

Dit help nie om vir hulle te sê jy stel nie belang nie want hulle gaan net aan en aan – ek sit ook die foon af want het nie tyd vir dit nie. As ek iets wil koop gaan ek winkel toe en het nie nodig dat hulle my op die foon pes nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.