Donkie dog toe dié sportmotor is ʼn wortel

Markus Zahn in sy luukse sportmotor Foto: Hit Radio FFH/dpa via AP

Die eienaars van ʼn donkie in Schlitz, Duitsland, moet vir die skade betaal wat hul dier aangerig het toe hy die agterkant van ʼn luukse sportmotor gehap en die verf beskadig het.

Die uitspraak is verlede week in die hof gelewer en die hof is oortuig dat Vitus die donkie die McLaren-motor twee keer gehap het tydens die voorval wat in September 2016 plaasgevind het. Die skade het €5 800 (R92 500) beloop.

Die eienaar van die motor, sakeman Markus Zahn, moes die skade uit sy eie sak betaal en het Vitus se eienaars gedagvaar nadat hulle versekering slegs ingestem het om helfte van die skade te betaal.

Die polisie het aangevoer die donkie het moontlik die oranjekleurige McLaren met ʼn wortel verwar. Die motor het reg langs Vitus se kamp parkeer gestaan toe hy ʼn hap gevat het. Plaaslike media berig die eienaar van die donkie het geweier om vir die skade te betaal, en gesê Zahn moes ʼn beter parkeerplek gesoek het.

Die McLaren 650S kos meer as R5 miljoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Dottie ·

Dis waar van oranje, my kind was 5jaar oud en het ‘n oranje trui aangehad, ‘n donkie by ons plaaslike diereplaas het haar arm gehap en nie dit wat sy hom wou voer….

Lee ·

Ag asb. As jy ‘n McLaren kan ry kan jy maar wraggies jou eie skade betaal. Arme donkie se eienaars. Ek sou ook nie wou betaal nie. Oulike donkie.

Louis ·

Wil iemand nie ‘n oranje trui brei en vir ons president stuur nie? Ek sal ‘n trop donkies reel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.