Dorp vier slaggat se verjaardag

Foto: nottstv.com

Nadat die gemeenskap van Nottingham in Brittanje vir meer as twee jaar oor ʼn slaggat gekla het, het hulle besluit om ʼn verjaardagpartytjie vir dié gat te hou.

Inwoners van dié Britse stad het besluit om op ʼn kreatiewe manier die aandag van die plaaslike stadsraad te kry aangesien hul klagtes op dowe ore bly val.

Vonnie Daykin (56), ʼn inwoner van die stad, het gesê die slaggat is reeds sedert Maart 2015 in die hoofstraat te sien en het sedertdien net dieper geraak.

“Die slaggat is onveilig vir almal, veral as mens daarvoor moet uitswaai.”

Daar was selfs ʼn koek met kersies en Daykin het ʼn foto van die “partytjie” aan die stadsraad gestuur via hul Twitter-rekening.

“Ek wou eintlik drie kersies op die koek sit, maar dit sou dit effens te ver gevat het,” het sy gesê.

Die foto het die aandag van die stadsraad gekry en dié het onderneem om die saak binne sewe dae te ondersoek.

Don Fitch, ʼn spanbestuurder van die agentskap Via East Midlands, het gesê: “Ons is ernstig oor instandhoudingswerk in Nottinghamshire. Daar word aandag gegee aan elke klagte wat ons ontvang, en ons sal die slaggat binne twee weke herstel.”

Wel, wie nie waag nie…

Foto: nottstv.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Johan Maritz ·

noem hulle dit n slaggat dit is hoe meeste van ons beter paaie lyk

Krater ·

Het vandag in Vanderbijlpark weer die kraters moes misry vir ‘n vale. Dink net dat dit ‘n dorp is as een van Kwêla se finaliste van “Dorp van die Jaar”.

Leon ·

Dan was julle verseker lanklaas in Drie Riviere…………….daai is nou erg hoor!

Kwel ·

In SA sou die koekgesteel word en die kerse gebruik word om n skool aftebrand want dis ou Jan se skuld

Elma ·

jinne julle is lucky met daai enkele klein slaggat. Ek wonder of SA genoeg koekmeel het om die verjaarsdae van ons slaggate te vier…..

Pop ·

Ai om in ‘n land te kan woon waar hulle daai ‘n slaggat noem.

Estelle ·

Ons kan ‘n verjaardagkoek by elke slaggat op ons paaie neersit, dan sal die stadsraad vra wanneer is die “party” sodat hulle kan saameet.

Helen ·

Dink net hoeveel koek sal ons in die straat kan optel! Dalk kry ons dan ook nog ‘n vakansiedag ekstra vir “pad-gat-viering” dag!

Leon ·

Ek moet eerlik sê dat ek en my vrou totaal en verbaas was oor wat tans in die Kaap gebeur. Ons het oor Graaf Reinette Kaap toe gereis, en oor Britstown en Kimberley terug. Ons was naderhand half moeg vir al die Stop-en-Ry stories, van Kroonstad af, maar was bly oor die feit dat paaie werklik oor gebou word, en nie laslappie werk soos wat ons toe ondervind het van Potch tot in Vereeniging nie. DANKIE vir die Kaap wat dinge so doen, en ek is so bly dat ek oor ‘n paar jaar daar kan gaan bly!

Christine ·

Sjoe nou het julle almal my dag gemaak ek het soo lekker gelag vir al die opmerkings en Ja ek stem saam oor ons dongas!

Kosie ·

Twee weke! Ek moet dan vir Tshwane ‘n pluimpie gee. Ek rapporteer slaggate in my buurt by [email protected] en dan maak hulle dit reg binne ‘n paar dae.

Penellope Jones ·

Wel, tong in die kies, baie geluk Mnr Slaggat met jou tweede verjaarsdag. Jammer om te hoor dat jy al jou tweede verjaarsdag in so ‘n toestand moet vier – mag jy spoeding en netjies herstel word en dan kan die mense daar rondom jou dalk begin om koek te bak om jou mooi netjiese toestand te vier!

BAREND ·

o koek ek sal na dese n diabeet wees met al die koek wat ek gaan eet ,en dit is net die slaggate in my straat

Reinhardt ·

Julle moet bietjie Kaap toe trek, ek het jare laas n slaggat gesien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.