Draf op die strand word toe tweeweke-nagmerrie

Argieffoto (Foto: JuanBotello, Pixabay)

Die grens tussen Kanada en die VSA is die langste in die wêreld, maar dit is nie altyd duidelik gemerk nie.

Die Bellingham Herald in die staat Washington berig die 19-jarige Cedella Roman het in British Columbia op die strand gaan hardloop en per ongeluk die grens na die VSA oorgesteek. Beamptes by die Amerikaanse grenspos het haar in hegtenis geneem en vir twee weke lank aangehou, berig die CBC.

Roman is ʼn Franse burger en sy het in Mei by haar ma in British Columbia gekuier. Sy het op 21 Mei op die strand gaan hardloop en ʼn ompad gevat om die gety te vermy. Sy het gaan stilstaan om ʼn foto van die uitsig te neem toe twee beamptes haar genader en in kennis gestel het dat sy sopas die internasionale grens sonder toestemming oorgesteek het.

“Ek het gedink hulle sal waarskynlik net vir my ʼn boete gee of sê ek moet teruggaan Kanada toe, of my selfs net waarsku,” het sy aan die CBC gesê. Roman is egter in hegtenis geneem en na Tacoma geneem waar sy twee weke lank in aanhouding was terwyl sy en haar ma gepoog het om die probleem op te klaar.

Roman se ma, Christiane Ferne, het daarop gewys dat daar geen aanwysingsborde was wat haar dogter in kennis gestel het dat sy ʼn grens oorsteek nie. “Dis soos ʼn lokval,” het sy gesê.

ʼn Verklaring deur owerhede het egter gesê dit is die wet, selfs al steek jy per ongeluk ʼn grens oor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Johan ·

Twee weke – staan VSA nou vir Verenigde State van Afrika?

Hierdie voorval kan wye reaksie uitlok, maar aan diegene wat dit summier ondersteun vra ek: “As jou vrou/dogter dieselfde oorkom, wat gaan jou reaksie wees?”

Ek kan aanvaar die dame het iets (per ongeluk) verkeerd gedoen en in die Wet tel “per ongeluk” niks nie. Maar as twee weke die beste is wat die sogenaamde “effektiewe” Amerikaners kan doen, bly ek eerder weg uit daai hool uit.

AP ·

Ek stem saam, dit is hoekom ons land in so ‘n gemors beland het en ons arme boere een na die ander vermoor word, geen grensbeheer nie!

Liberaal ·

Dit is beplan deur die liberale magte om grensbeheer te probeer diskrediteer.

ek sê WEER ·

Johan – Ons sê nie ons stem noodwendig saam met hierdie geval maar ons het definitief sulke ouens op ons grense nodig. Hier is dit aangedui met drade en borde ens en steeds kom hul in.

Opgemaak ·

Ek vermoed die linkse Amerikaners het dit beplan om grensbeheer belaglik te probeer lyk.

Wilma ·

Mense dai is 1ste wereld lande en sA n rommelland. Ons kani vi dai lande voorskryf. Vermetelheid. Gn wonder Afrika het so baie probleme want hier kom en gan hul soos hul wil

Expat ·

Daar is baie meer in die storie wat nie gedeel word nie. Die jong dame het heel waarskynlik iets in haar agtergrond wat verdere ondersoek vereis het. Die “spin” dat sy aangehou is vir 2 weke omdat sy effens te ver op ‘n strand gedraf het is snert! Hulle het dalk niks gekry nie, maar iets het veroorsaak dat hulle verder gesoek het. Nou is almal kwaad, maar volgende keer as ‘n nar deur die grens draf en die volgende dag ‘n klomp mense met ‘n gehuurde paneelwa doodry, dan is dit ook die Trump administrasie se skuld.

Ray ·

Nee jong, hier word hulle 2 weke gehou, SA Identeitsdokumente gegee en gestuur om “government grants” te gaan kry. Lekker plek die

Ai ·

Ai! as ons maar sulke “probleme” in ons land gehad het.. Hoe wonderlik sou dit nie wees nie – gemeet teen plaasmoorde, opstand, vernietiging van eiendom en stakings…..

Afrikaanse Knaap ·

Ek het nie geweet Kanada en die VSA is so streng met grens beheer nie…

VSA ·

Amerika is basies ‘n polisiestaat en die geringste word met alle magsvertoon beheer, (Tot in die ekstreem, sonder veel redelikheid.)

Soos hierbo ge-illustreer word daar baie ‘lokvalle’ vir wetsgehoorsame burgers gestel in ‘n poging om so veel as moontlik mense te kriminaliseer / intimideer / verneder. (Lees maar bietjie op.)

Reine waarheid ·

“GRENS Beheer” word nou maar net ORDENTLIK
geadministreer, bestuur en beheer!
Hê respek vir grense.
Hoop en glo mense en lande neem kennis
SPYT kom te LAAT. Leer uit ander lande en (die vrou se fout) ken en erken grense:-!
dan kan herhaling voorkom word.
finies en kla?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.