Dramatiese video wys hoe weerlig ʼn boom verwoes

Skermgreep uit die video

Ons ken almal die gevare van weerlig en dat ons nie onder bome moet staan wanneer daar swaar weer is nie. Maar as jy ekstra aanmoediging benodig, kan jy maar net na dié video kyk wat die nasionale weerdiens in Green Bay, Wisconsin in die VSA, gedeel het.

Die video, wat verlede week Donderdag verfilm is, wys hoe ʼn weerligstraal ʼn denneboom tref. Die boom slaan aan die brand voor dit in stukke opbreek.

Die boom het voor die Wautoma High School in Wisconsin gestaan. Mens weet net nooit wanneer ʼn weerligstraal gaan slaan nie,” het die weerdiens by die video geskryf. “Ons slagspreuk is when thunder roars, go indoors, en ons maan almal om dié raad te volg.”

Die weerdiens het die nuuskanaal WLUK-TV Fox 11 bedank vir die video.

CNN het berig die skoolhoof, Jennifer Johnson, het bevestig niemand is tydens die voorval beseer nie en daar is ook nie enige skade by die skool nie. Sy het gesê die weerlig het om 08:30 geslaan, net toe graad 9- en 10-skoliere gereedgemaak het om ʼn toets te skryf. Die skoliere “se aandag was afgetrek, maar hulle was baie opgewonde” om te sien wat gebeur, het sy bygevoeg.

You just never know when lightning will strike. Here is a video from Wautoma High School this morning of lightning destroying a Pine tree. So the NWS slogan "When Thunder Roars Go Indoors" please heed that advice next time you hear thunder. Thanks to WLUK-TV FOX 11 for this video.

Posted by US National Weather Service Green Bay Wisconsin on Thursday, April 8, 2021

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.