Uitlanders wat nie seker is hoe dinge in Suid-Afrika lyk nie, wonder soms of die leeus sommer so in die strate rondloop. ʼn Drawwer in Nederland het egter Sondag op só verrassing afgekom.
Volgens die plaaslike polisie het die persoon deur ʼn veld in Utrecht gedraf toe hy op die verlate welpie in ʼn klein hokkie afgekom het. Volgens die polisie is die welpie waarskynlik slegs ʼn paar maande oud.
Die welpie is na die leeustigting in die noorde van Nederland geneem ná ʼn veearts hom ondersoek het.
Plaaslike polisie is nou op soek na enigiemand wat meer inligting oor die welpie het.
Stichting Leeuw het intussen gesê dit gaan goed met die welpie, en hulle het besluit om hom “Remy” te noem. Veeartse sal hom Woensdag weer ondersoek.
De hele wereld lijkt nu de leeuwenwereld te zijn
Daar het julle dit nou, nie net in Suid Afrika loop daar leeus in die strate rond nie☺
Die een is darem gehok. Ons leeus hike langs die N1 en sommige soos Sylvester party eers ‘n bietjie op ‘n paar boere se skape voor hy rus kry.
De vuure Vlaamse Leeuw
Ag foeitog wat n dierbare welpie. Wonder hoe hy daar gekom het. Seker iewers skelm ingevoer uit Afrika. Versorg hom asb mooi en hou ons op hoogte van enige verdere nuus oor die dierbare welpie.
Dis darem baie snaaks dat die vonds van die welpie die wêreld oor gaan maar hier in Holland hoor of sien ons niks van al die wrede plaasmoorde nie… Wat het geword van die Hollandse toeriste wat oorval is op die bus?