Driejarige soek ‘hartseerste verjaarsdagkoek’

Foto: Casey Feigh/Twitter

ʼn Driejarige het ʼn plan beraam om haar verjaarsdagkoek net vir haarself te hou en sosialemediagebruikers lag vir die grappige skepping.

Leona se oom, Casey Feigh, het foto’s op Twitter gedeel van haar versoek vir ʼn Lion King-koek. In plaas van die bekende toneel waar Simba oor Pride Rock vasgehou word, of ʼn toneel met Simba en Nala, wou Leona die oomblik uitbeeld waar Mufasa na sy dood val voor sy seun. “Sy wou ʼn Lion King-koek hê, maar spesifiek die oomblik waar Mufasa sterf – want ‘almal sal te hartseer wees om die koek te eet en ek sal alles kry’,” het Casey op Twitter verduidelik.

Die bakkers het hulself goed van hul taak gekwyt om die toneel uit te beeld waar Mufasa onder op die grond lê en Simba oor die randjie afkyk na sy pa. Daar is selfs kloumerke waar Mufasa om sy lewe geveg het. Naby aan die toneel is die vrolike boodskap in rooi versiersuiker geskryf: “Leona is 3!”

Byna 757 000 mense het al van dié grappige plasing gehou en dit is meer as 111 000 keer gedeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Marietjie ·

Baie oulike idee om die koek vir jouself te hou. Maar as ek die ouers is, slaap ek maar oop oë.

Sandra ·

Op haar skool rapport sal staan “does not like to share, does not play well with others”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.