Drieling skenk geboorte op dieselfde dag

Argieffoto (Foto: oknesanofa/Pixabay)

Drie sussies van Ohio het die onwaarskynlike kans oortref deur geboorte te skenk op dieselfde dag in dieselfde hospitaal – met dieselfde verloskundige vir elke geboorte.

Daneesha Haynes, Ariel Williams en Ashley Haynes het op 3 Julie binne vier en ʼn half uur geboorte geskenk aan drie babas, berig die Mansfield News Journal. ʼn Associated Press-berig uit 1998 sê die waarskynlikheid dat so iets gebeur is 1 uit 50 miljoen.

“Dit was ʼn seën,” sê Daneesha. “Dis wonderlik. Dit het ons almal verras.”

Al drie susters se geboortes was geïnduseer. Daneesha het haar baba eers op 23 Julie verwag.

Dr. Edroy McMillan het al drie babas gevang. Hy wou nie ʼn onderhoud toestaan nie.

Ariel se babadogtertjie is eerste gebore en Ashley se seuntjie het gevolg. Daneesha se dogtertjie was laaste en die kleinste.

Die susters se ma, Deborah Ware, het geskerts en gesê daar hoef nie enige ekstra kinders te wees by hulle verjaarsdagpartytjies nie. “Ek weet nie hoe ons verjaarsdagpartytjies gaan reël nie. Ons sal twee dae lank moet partytjie hou!”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gawie ·

Ek is baie bly vir die sussies, maar verstaan nie die groot bohaai nie. Die berig verwys na ‘n artikel wat sê “die waarskynlikheid dat so iets gebeur is 1 uit 50 miljoen” en die een sussie sê “ons is almal verras”, maar net die volgende paragraaf sê die geboortes is almal geïnduseer. Dan is dit mos nie ‘n verrassing nie, maar só beplan!

Karinda ·

Rerig, 1 uit 50 miljoen. Die Dokter wil nie kommentaar lewer nie want die sussies het seker aangedring op die induksies en hy moes maar ingee. Baba 3 is sommer 3 weke “vroeg” gebore – duidelik is dit net vir sensasie gedoen en daar is nie aan die babas se gesondheid gedink nie. Die grootste verrassing is dat die dokter dit toegelaat het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.