Drielingsussies het nou dieselfde naam

Argieffoto (Foto: congerdesign/Pixabay)

Jou kind se naam is ʼn baie groot besluit. Dit het ʼn impak op die res van sy of haar lewe, veral as ander mense dalk gaan lag vir die naam of as die naam ʼn spesifieke betekenis het.

Dis boonop moeilik om op ʼn naam te besluit as jy kies om nie vooraf te weet of jy ʼn seuntjie of ʼn dogtertjie verwag nie. Een vrou het sosialemediagebruikers verstom gelaat oor ʼn unieke babanaam waarvan haar ma haar vertel het. Haar ma het as ʼn vroedvrou gewerk.

In ʼn plasing op Quora het Cathryn Schuster van die VSA gesê haar ma het in die kraamsaal gewerk en bygestaan met die bevalling van ʼn drieling.

Die ma van die drieling wou graag ʼn babaseuntjie hê, en sy het dus slegs ʼn enkele seunsnaam gekies.

Toe die drie dogtertjies gebore word het sy die naam, Robert, vir al drie gebruik.

Cathryn skryf: “Een aand het ʼn baie groot vrou by die kraamsaal opgedaag en is in my ma se sorg gelaat. Sy wou graag ʼn seun hê, en het slegs ʼn enkele seunsnaam, Robert, gekies. Ongelukkig het sy nie daardie dag ʼn seun gehad nie, sy het drielingdogtertjies gekry. Gegewe die terugslag, het sy besluit om steeds by haar plan te hou. Die eerste dogtertjie is Robert genoem, die tweede Larobert en die derde Sharobert.”

Talle gebruikers het op die plasing reageer en sommige het simpatie betuig met die dogtertjies. “Daar die arme meisies!” skryf een persoon.

Nog iemand het van ʼn soortgelyke voorval getuig en gesê: “Ek het saam met ʼn vrou genaamd Janet gewerk. Haar tweelingsussie was Janice. Ek het gedink die ouers het nie baie verbeelding gehad nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

VaalDonkie ·

Ek onthou toe ek by die Spur gewerk het, was daar gereelde kliente wie se kinders Hayden, Cayden en Jaden geheet het. Darem nie ‘n drieling nie. Dis van daai mense wat Ingels wil wees maar Afrikaans gebore was.

Anel ·

Ek weet van iemand wat ook gedink het hulle verwag ‘n seun, Ruan. Ruanda word toe gebore. Sekere mense maak maar ‘n plan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.