Dronk buffels blaas die fluitjie oor onwettige alkohol

Argieffoto (Foto: JudaM/Pixabay)

Drie boere van Indië in die westelike staat van Gujarat is in hegtenis geneem op aanklag dat hulle handel dryf met onwettige alkohol ná hul buffels besope geraak het op die drank.

Een van die mans het ʼn plaaslike veearts gekontak toe hul buffels “vreemd begin optree en skuim uit hul bekke gekom het”, het ʼn plaaslike polisiebeampte Dilipsinh Baldev aan AFP gesê.

Die veearts het die trog ondersoek waaruit die diere gesuip het en “ʼn vreemde reuk waargeneem” en bevind die water is gekleur. Verdere ondersoek het gewys dat die mans die bottels smokkeldrank in die trog versteek het. Van die bottels het gebreek en die water besmet.

Die veearts het die polisie in kennis gestel en ʼn klopjag is Maandag op die plaas uitgevoer. Beamptes het beslag gelê op 100 bottels alkohol ter waarde van 32 000 roepees (sowat R6 000). Die drie boere is in hegtenis geneem.

In Gujarat, eerste minister Narendra Modi se tuisstaat, is die vervaardiging, aankoop, verkoop en vervoer van alkohol onwettig. Skuldiges kan swaar boetes of selfs tronkstraf opgelê word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

VaalDonkie ·

Wens ek nou ek was ‘n Gujarat-buffel. My een bottel KWV is al op sy laaste en Cyril gaan seker nie toelaat dat ek volgende week weer mag koop nie. En nogal net nadat ek R800 van SARS af teruggekry het.

Jerry ·

Lekker gesuip. Alkohol bly maar “Evil”. Ek het n bottel Whiskey nog wat ek in 2012 aangekoop het. So het redelik verouderd maar ongelukkig drink ek nie meer nie????

Cherokee ·

Dit is net 750 mil. Jerry, ek sal jou ruil vir 2L coke. Dan het jou wiskey rente verdien in die afgelope 9 jaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.