Dronk in Engeland, word wakker in Frankryk

Luke Harding

Luke Harding

Luke Harding (19) van Engeland, het sy aand by ‘n paar kroeë in Manchester begin, maar in Frankryk wakker geword.

Hy het omstreeks 04:00, onder die invloed van alkohol, sy paspoort in sy broeksak opgespoor en besluit om via Parys huis toe te gaan. “Ek het my paspoort, wat ek as ‘n identiteitsdokument gebruik het, in my sak opgespoor en ‘n app op my selfoon wat goedkoop vlugte na Parys adverteer het. Dit het op die ingewing van die oomblik gebeur en dit het in daardie stadium soos ‘n goeie idee geklink,” het Harding aan die Metro gesê.

Harding is met ‘n taxi na Manchester-lughawe en het sy iPhone gebruik om ‘n sitplek te bespreek op die 06:00-vlug na Parys teen ongeveer R1 600. Hy het op die vliegtuig geklim, maar kan nie onthou dat hy in Parys geland of deur doeane gegaan het nie. Hy het ‘n paar uur later in ‘n publieke toilet by Charles de Gaulle-lughawe wakker geword en toe die volle omvang van sy dronk besluit besef.

“Ek het my ma gebel en gevra of sy my om 20:00 by Manchester-lughawe kan oplaai,” het hy aan die Daily Mirror gesê. “Sy was ontstoke toe sy hoor wat ek aangevang het.”

Harding moes sowat R2 500 spandeer aan ‘n vliegtuigkaartjie terug na Manchester en moes agt ure lank in Parys spandeer. Hy het glo die Eiffeltoring en die Arc de Triomphe besoek.

“Dit was lekker, maar baie koud,” het hy gesê. “Ek is nie spyt oor wat ek aangevang het nie. Dis ‘n snaakse storie om aan my maats te vertel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.