Duitsland bou ‘Autobahn’ vir fietse

Duitsland-Autobahn

Foto: AFP/Patrik Stollarz

Duitsland bou tans ʼn hoofweg van oor die 100 km vir fietse wat uiteindelik 10 stede met mekaar sal verbind. Volgens die nuusagentskap AFP sal stede soos Duisburg, Bochum en Hamm maklik per fiets bereik kan word deur dié pad wat langs ongebruikte treinspore in die Ruhr se nywerheidsgebied sal loop. Die eerste 5 km van die pad is reeds gebou en oopgestel vir fietsryers.

Die nuwe pad sal ongeveer 4 m wyd wees met verbysteekbane wat goed belig sal wees.

Hierdie roete is moontlik die antwoord op grootskaalse verkeersknope en lugbesoedeling. Volgens ʼn onlangse ondersoek sal ongeveer 2 miljoen mense dié roete kan gebruik wat ongeveer 50 000 motors daagliks van die pad af sal kry.

Dié idee is oorspronklik van Nederland en Denemarke, maar verskeie gebiede in Duitsland gaan nou ook met die stroom mee.

Die algehele roete sal ongeveer 180 miljoen euro kos. Volgens ʼn woordvoerder sal die staat moet help om dié projek te finansier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Chris Heyneke ·

As do iets hier by ons in Jhb gebeur sal dit net n ekstra plek wees vir minibus taxis im op te ry en oor te neem…

Johan 2 ·

Hahaha, net soos jy sê Chris…dit sal wel baie oulik wees om van Pta na Jhb per fiets te kon ry op n gereserveerde pad!

Langjan ·

ja dit sal die enigste fiets baan in die wereld wees met n hijack bordjie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.