Een van die oudste boodskapbottels gevind

Foto: iflscience.com

Foto: iflscience.com

ʼn Poskaart wat ʼn honderd jaar gelede in ʼn bottel gesit is en in die Noordsee gegooi is, is onlangs in Duitsland ontdek. Die inhoud van die poskaart sal sommige mense dalk teleurstel want dit is nié ʼn liefdesbrief of selfs ʼn noodkreet van iemand op ʼn verlate eiland nie.

Die bottel is eintlik deel van ʼn eksperiment wat tussen 1904 en 1906 deur George Parker Bidder van die Britse vereniging vir marinebiologie uitgevoer is.

Bidder, ʼn marinebioloog, het in die bestek van twee jaar sowat 1 020 bottels met boodskappe daarin in die Noordsee gegooi om die getye van die see te toets. Elk van dié bottels bevat ʼn poskaart wat aan die vereniging vir marinebiologie geadresseer is. Die boodskap lui dat elke persoon wat die poskaart aan die vereniging terugbesorg met besonderhede oor waar die bottel gevind is, ʼn sjieling as beloning sal kry.

Lees die volledige berig hier.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.