Eenvoudige plesiertjies: Kinders maak hul eie rondomtalie

Skermgreep uit die video

“Die eenvoudigste dinge in die lewe kan mens die gelukkigste maak,” het Supriya Sahu geskryf toe sy ʼn video gedeel het van kinders wat hul eie rondomtalie-swaai gemaak het.

Die video, waar drie kinders op ʼn boomstomp-rondomtalie speel, het duisende Twitter-gebruikers se harte vermurwe. Die kinders het drie stukke tou om die boomstomp vasgemaak en hulle hardloop in die rondte totdat hulle aan die toue kan swaai.

Die swaai en hul kreatiwiteit word wyd op sosiale media geloof.

Talle persone het in die kommentaar laat weet hoe dit hulle aan hul eie kinderdae laat terugdink en ander het Supriya bedank dat sy weer die video gedeel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Misky

Dis mos hoe kinders nog moet speel…. nie heeldag net met fone in die hand en voor tv nie. Ongelukkig is dit maar gevaarlik in vandag se tye en ouers moet hul kinders soos goud oppas en nie n sekond uit sig verloor nie

Blikkantien

Te oulik. Ek is sommer lus en speel saam.

Chantel

Persoonlik dink ek hierdie kinders het meer van ‘n kinderwees-tyd as ons kinders, bloot oor die feit dat hulle self jul speelgoed of maak of uitdink. Lyk na vet pret