‘Eerlike’ doodsberig laat die wenkbroue lig

Die omstrede doodsberig in die Redwood Falls Gazette

ʼn Vrou van Minnesota se doodsberig het vandeesweek aandag getrek nadat haar kinders eerlik was oor hul gevoelens.

Kathleen Dehmlow is op 31 Mei oorlede en die Redwood Falls Gazette het dié omstrede doodsberig gepubliseer.

Die berig begin gewoon met “Kathleen Dehmlow (Schunk) is op 19 Maart 1938 gebore, dogter van Joseph en Gertrude Schunk van Wabasso.” Die plasing verduidelik dat sy en Dennis Dehmlow by St Anne’s in Wabasso getroud is en hulle het twee kinders gehad, Gina en Jay – die outeurs van die doodsberig.

Die berig neem dan ʼn ongewone wending: In 1962 het sy swanger geraak met haar swaer Lyle Dehmlow se kind en het na Kalifornië verhuis. Sy het haar kinders, Gina en Jay, verlaat en hulle is daarna deur haar ouers in Clements versorg, mnr. en mev. Joseph Schunk, lui die berig.

“Sy is op 31 Mei 2018 in Springfield oorlede en sal nou geoordeel word.”

Die laaste sin bevat egter die grootste veroordeling: “Gina en Jay sal haar nie mis nie, en hulle verstaan dat die wêreld ʼn beter plek is sonder haar.”

Die doodsberig het baie kritiek uitgelok op die koerant se sosialemediakanale, en die redaksie het aangedui dat hulle gekant was teen die plasing, maar hulle besware was tevergeefs.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

MG ·

Snaaks, die meerderheid wil altyd hê jy moet met hulle eerlik wees, maar hou nie gewoonlik van die waarheid nie.

Rika ·

En daarom moet mens eerder as jy niks goed het om te sê nie, niks sê nie. Dis baie hartseer, dit is duidelik dat hulle nog seergemaak voel dat hul ma hul net so gelos het.

EQV ·

Gee vir daai kinders en die skrywer van die artikel elkeen n ‘BELLS’..goed gedoen daar,,hulle is reguit en op die man af met hoe hulle voel oor die hele aangeleentheid..

bloues ·

Eerlikheis is altyd reg en sal altyd reg wees. Die twee was eerlik.
Baie eerlik.

Loraine ·

Hoekom sal hul wegskram van die waarheid? Hul het presies gesê wat hul gevoel is. Respek

Nettie ·

Sjoe, ek hoop nie iemand is eendag só eerlik in my begrafnis-“obituary” nie. Eish, ek sou darem wou dink dat íémand van my gehou het in my lewe ……

Denise ·

Dit is hoe ek van mense hou se wat jy voel en wees asseblief net eerlik !!!!!

christa ·

kyk maar die grafopskrifte in die kerkhof. Daar het nie een slegte mens gesterwe nie. Almal is boodskappe van ‘n goeie persoon wat dood is. Dankie dat daar nog eerlike mense is.

JSG ·

Laat my dink aan die grappie. ‘n Vrou en haar twee kinders luister na die dominee wie die diens van haar man lei. Halfpad deur die diens staan sy op en sê vir haar kinders. “Kom ons loop, ons is by die verkeerde begrafnis” .

TLC ·

Sê ek mos ook Hkm moet almal die beste die 1 sonder sonde so opgehemel word op hul begrafnis Regtig ek dring daarop aan as jy jou sê wil sê op my begrafnis doen dit Hoop net nie al my familie is daar nie Want dan gaan ek sekerlik die slegste daaraan afkom Maar ook seker daarvan 1 of 2 kan dalk my goeie uitwys Ek is hopeloos te n reguit mens en op die manaf

Dr H ·

Noudat hulle spesiaal die moeite gedoen het om so ‘n berig te plaas is hulle ook op die “oordeellysie”.

LB ·

Ek vind dit vreemd dat eerlikheid bykans altyd as oordeel gesien word. Hoekom sien jy dit as oordeel? Ek vind dit so in my eie lewe, ek loop nie draaie nie en as jy my opinie vra gee ek ‘n eerlike mening en mense hou regtig nie daarvan nie. Alles moet met ‘n lagie suiker en skynheiligheid bedek wees.
Ek was nog nooit op ‘n begrafnis waar die persoon nie as ‘n amper heilige uitgebeeld was nie terwyl meeste mense daar sit en weet … min dinge bly verbloem so waarom nie eerlik wees van die begin af nie? Dalk kan elkeen wat hierdie berig lees, selfondersoek doen oor jou eie lewe en daaroor dink wat van jou gesê gaan word by jou eie begrafnis en ‘n paar veranderinge aanbring?

Stormrider ·

En die een persoon vir wie die skryende doodsberig bedoel was, weet van niks. Eintlik beteken dit niks?

Pietman ·

As dit so was beteken geen mens se natalenskap enige iets nie. Leonardo da Vinci en Michelangelo se werke betekin niks omdat hulle oorlede is?

Hierdie vrou het ook ‘n nalatenskap en hierdie doodsberig sal tot in ewigheid die enigste herinnering aan Kathleen Dehmlow wees.

Anmar ·

Nou wonder ‘n mens as een van die kinders sou sterf, wat op dié se graf sal staan? Miskien iets soos: “Hier lê ????? Hy kon nie vergewe nie en het homself die reg toegeëien om sy ma te oordeel.”

Han ·

Anmar, ek stem saam met jou. Van die mens word verwag om te vergewe, die oordeel kom God toe. Mense wat so spog met hul sogenaamde eerlikheid, dink eintlik niks daarvan om met hul ‘spykerskoene’ gevoelloos oor ander se gevoelens te loop nie.

Liendempers ·

Die feit dat sy nou dood isverander haar nie ewe skielik in n ordentlike mens nie. As jy mislik was terwyl jy geleef het, gaan jy nogsteeds mislik wees wanneer jy dood is……..

Linda Henning ·

Sê ek ook mos. Die skynheiligheid as iemand doodgaan is net vals. As ek nie van jou gehou het toe jy gelewe het nie, hou ek nie nou ewe skielik van jou oor jy dood is nie. Ek haat vals mense

Lindie ·

Wel ek weet hoe hulle voel en glo my ek weier om na my pa se begrafnis te gaan eendag, hy het nooit sy hand gelig vir ons nie, maar natuurlik was hy vir ander die beste na gesnyde brood. Hoe ouer ek word sê ek dit en mense verwag van jou om “respek” te toon as hy doodgaan en wat sal mense sê. Ag foeitog, daai selfde mense kan hom nou al kom haal sodat my ma onder sy tong uitkom, hoe ouer hy word hoe erger. Oningeligtes dink dit is kras, laat ek nou eerlik wees, ek is nie. Sal net nie vir n pa wat jy geen respek vir ons as gesin op aarde het, respek toon as hy begrawe word nie. Ek sal dit nie eers vir my ma doen om te gaan as hy dood is nie. So, ek kom terug, niemand weet presies hoe swaar hierdie 2 kinders so baie jare gekry het nie deur verwerping van n ma. Ek bewonder hulle dat hulle die guts gehad het om n berig te plaas

Sowaar ·

Sjoe Lindie. Dit is so waar… Die verwerping van ‘n ouer is die ergste gevoel… Jy bly wonder ” wat het ek verkeerd gedoen?” My pa het ons weg gegooi vir ‘n ander vrou, hy sal verby my loop en nie eers groet nie… maar tot mense dit nie self beleef het nie sal hulle dit nooit verstaan nie… “My daddy broke my heart way before any man could”

Hermien ·

Jesus het gese, “Laat die een sonder sonde, die eerste klip optel en gooi..” Ek dink haar kinders moes gaan kyk het na haar “redes.” Hulle het verwerp gevoel, maar het sy ‘n keuse gehad in die situasie of was sy gemanipuleer of desperaat? ‘n Saak het altyd twee kante, soms meer!

Marike ·

En Ons liewe Vader sê ook wat jy saai sal jy oes. En ñ boom word aan sy vrugte geken! As dit ñ slegte boom is sal die boom slegte vrugte dra.

Nathasia ·

Ek stem saam Hermien. Daar is altyd twee kante aan ń storie ! Geen ouer is perfek nie en net so is geen kind nie. Vandag se kinders, of kinders oor die algemeen oordeel altyd die ouers oor hulle foute, en 50% van die kinders is self nog nie ouers nie, maar hulle weet presies hoe ń ouer moet optree! Tot hulle self kinders het, dan is dit ń ander storie… Wie sonder sonde is tel die eerste klip op. In God se oë is alle sonde gelyk, ek sê maar net, laat die wat oordeël, geoordeël word

Peter ·

Ek neem aan “don’t talk ill of the dead” is by die ruit uit.

phillipvandyk ·

ek wonder op begrafnisse as ons maar eerlik moet wees. ek het seker al 40 pl;us begrafnisse gedoen en nie een keer gehoor dat die man of vrou bad was nie. almal is engele op aarde gewees. wel die kinders het n punt beet. maar nou ja ons moet mos altyd almal se geveoelens spaar en polities korrek optree. eish

Han ·

En almal spring op die wa en oordeel dat dit klap! Wie van julle is sonder foute? Lees Matteus 7:1-5 wat Jesus gesê het. As julle my hieroor aanval, val julle Hom in effek aan.

Bobby ·

Bybel versies werk nie vir kinders wat deur ouers verstoot is nie.

jannie ·

Daar is altyd meer as een kant van n storie,daar is redes hoekom sy dit gedoen het die ma….kinders hoor altyd dan net die een kant van die ouer waar hulle bly en dan word die ander ouer sleg gese en gepraat…ek se nie wat sy gedoen het was reg nie maar haar kinders het nooit haar kant van die storie gehoor nie,dit kan jy duidelik uit hul berig aflei…sterkte aan die famielie wat agter bly en wat nooit die volle waarheid sal weet en hoor van die die ma af nie.Daai jare was dit n geweldige verleentheid vir n famielie as n vrou so n buite egtlike kind kry……dan is hul so uit verdryf uit n fanielie….die ouma en oupa was dalk die boggers gewees wat alles veroorsaak het…dink daaraan.

Nettie ·

@jannie, ja in die 60’s was dit ‘n verskriklike skande om ‘n buite-egtelike kind te hê en haar familie kon/het haar seker verwerp hieroor; dit was dan nog boonop haar swaer van wie sy swanger was! Dit sê egter veel van haar karakter as sy haar man en kinders gelos het om by die swaer in te trek met sy bondeltjie oppad.

Well done ·

Neewat ek ondersteun die kinders. Ek is ook een van die eerlikes waarvan ander mense nie hou nie. Maar ek gee regtig nie om nie. Kan nie heeldag heuning om mense se monde smeer wat jou benadeel nie. Die kinders is seergemaak en in al die jare het die ma hulle nooit opgesoek nie, ek sou ook soos hulle gevoel het. Hoe kan hulle iemand mis wat nooit in hulle lewens was nie? HOEKOM moet mens stilbly as jy niks goeds het om te se nie? Wie is julle om hierdie seer van die kinders te MINAG??? Hulle het die REG om so te voel en die REG om so ‘n berig te publiseer. Well done!

OORDEEL asb tog ·

Al julle lekepredikers wat se ANDER MAG NIE OORDEEL NIE, julle oordeel SELF. Want julle oordeel ander mense se oordeel. Dis heel eenvoudig. Mense het die reg om hulle opinies uit te spreek en AANGESIEN jy nie ander mag oordeel nie (soos wat julle wil se) mag julle ook nie hulle oordeel as hulle sleg van hulle ma dink of hartseer is omdat sy hulle weggegooi het nie. SO EEN VINGER na die kinders .. VIER wys NA JULLE toe terug.

BB ·

Soms is die onreg te groot om te vergewe, veral as jy ‘n kind was toe dit gebeur het. Die verwerping moes ‘n geweldige inpak op hulle lewe gehad het.

Theresa ·

Wel, als in aggenome of hul dit nou moes doen of nie, wonder ek net of hul dit ooit so reguit met haar bespreek het. Nou is dit bloot op dooie papier en vir ander om te lees. En wie weet, dalk het sy als bely en die haat en verwyt verteer steeds ongelukkig die mense wat seergekry het (en blykbaar haar nie kon vergewe nie). Verwerping – erg.

Eina ·

Hulle was reguit maar ek dink aan Samuel Johnson wat gese het: “God Himself, sir, does not propose to judge a man until his life is over. Why should you and I?”

Ester ·

Gee jou gevoel deur terwyl die persoon nog lewe, dit is baie bevrydend en ook die moeite werd! Dan verstaan jy hoekom die besluit so geneem is…
Waar was die Pa hoekom moes die grootouers oorneem? (ek wonder maar net)
‘n Saak het 3 kante joune, myne en die waarheid.

XX ·

Ek was 2 toe se my ma – sit hulle in ‘n weeshuis – soek hulle nie en sy is vort met ‘n ander man en en het nog ‘n kind by hom gehad. Na vele probeerslae om ‘n kind/ma verhouding met haar te he het ek moed opgegee. Ek sou in alle eerlikheid ook so ‘n berig plaas met ‘n skoon gewete.

Susan ·

Ek verstaan hoe die kinders voel, hoe vergewe n kind n ma wat hom probeer vergiftig het ?Nou moet hy met die nagevolge van haar daad probeer saamleef; die pyn en lyding is onbeskryflik erg. Ons mag nie oordeel en veroordeel nie, ons moet vergewe en vergeet. HOE, as jy 24/7/366 daaraan herinner word? Ek glo God verstaan hulle denke.

Eerlik ·

Na baie wat met my en my suster gebeur het was ek ook bly die dag toe my pa oorlede was. En in die kerk toe hulle vertel watter goeie man hy was……… wou ek kots. Ja ons moenie oordeel nie maar die Here vergewe nie die leed wat jy n kind aandoen nie.

Jannie ·

Luistermaar na elke begrafnisdiens! Daarvolgens het daar nog net goeie mense doodgegaan!!! Uiters vals in die meeste gevalle!!! Hierdie mense was ten minste openlik eerlik!! BRAVO!!

Stella ·

Ouers is gou om kinders te herinner dat die Bybel se om jou vader en moeder te eer. Hulle vergeet van die versie net daarna wat vaders herinner om hulle kinders nie so te behandel dat hulle opstandig raak nie. Ek is seker die vers verwys na moeders ook.

Annette ·

Groot verskil tussen eerslik en ongeskik/gemeen wees…. Te veel mense roem daarop dat hulle “reguit en eerlik” is en wil se wat hulle wil, wanneer hulle wil….. Ander naam vir ongekik, dis al….

Stormrider ·

Ek’s nou so deurmekaar na hierdie lang debat ek’s sommer kwaad vir myself

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.