Eers verneder en nou wil almal met hom dans

Die foto en kommentaar wat op 4chan gelaai is.

Die foto en kommentaar wat op 4chan gelaai is.

ʼn Man van Londen is op sosiale media oor sy danspassies verneder. Dit was egter van korte duur en nou word daar vir hom ʼn reusedanspartytjie in Kalifornië gehou.

Die Huffington Post berig dit het als begin toe ʼn anonieme persoon ʼn foto van die man op die aanlyn kletskamer 4chan geplaas en vertel het hoe die kletser en ’n groep vriende vir die man gelag het oor sy danspassies. ʼn Skermskoot van die inskrywing is later deur die gebruiker FrozenBadger op Imgur geplaas en die man aangemoedig is om nie op te hou dans of hom aan kritiek te steur nie.

Cassandra Fairbanks het die inskrywing gesien en besluit om ʼn veldtog op Twitter van stapel te stuur in ’n poging om die man te vind. Die #FindDancingMan-veldtog het soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei en die man, geïdentifiseer as Sean, het met Fairbanks kontak gemaak. Sy het vir hom die volgende uitnodiging gestuur:

B_Zb8jiUgAAmYtl

Sean het die uitnodiging aanvaar. Daar is intussen reeds meer as $4 000 ingesamel. Sean sal dus ook nie vir sy reis na Kalifornië hoef te betaal nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Audrey ·

En die wat so vinnig is om te praat is seker perfek. Wel dit het seker die skuldiges se monde gou toe gemaak. Ek hoop hy dans asof hy in die hemel is.

zahn ·

Met meer as 1700 mooi jong dametjies wat rondom jou dans, sjoe, ek sou dink dis baie na aan hemels…mooi so ou grote, ek gun dit vir jou!

Rikku ·

“Dancing Man”,
Ek wens ek kon saam met jou in Kalifornie dans. Jy kan moontlik die rekord opstel vir nie Man met die Meeste Dans Maats op een Partytjie.
Dans jou hart uit en geniet dit ! Dans asof niemand kyk nie !
Ms Fairbanks, ons moet meer soos jy optree , baie dankie vir wat jy vir Sean gereel het. May God Bless You.
Almal verdien om spesiaal te wees.

Eliza-beth ·

Ek het al met tyd agtergekom mense wat ander kritiseer/slegsê/afbreek ly gewoonlik self aan een of ander minderwaardigheidskompleks en dink hulle sal beter oor hulself voel as hulle negatiewe aandag op ‘n ander vestig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.