ʼn Uiters seldsame tipe kangaroe is vir die eerste keer in 90 jaar gesien – en ʼn foto is van hom geneem.
Die bioloog Ernst Mayr het in 1928 die eerste keer die Wondiwoi-boomkangaroe in die berge van Nieu-Guinee opgemerk. Tot onlangs was dit die enigste Wondiwoi waarvan die mens bewus was. Wetenskaplikes het nie geweet of die spesie floreer, bedreig is of reeds uitgesterf het nie.
Michael Smith, ʼn amateur plantkundige van Farnham in Engeland, het nou weer ʼn Wondiwoi opgemerk. Smith hou graag vakansie in afgeleë dele van die wêreld om seldsame blomme op te soek. Hy het verlede jaar van die Wondiwoi te hore gekom en besluit om ʼn ekspedisie te reël.
Sy pogings het vrugte afgewerp toe hy dié ontwykende dier gesien en boonop ʼn foto daarvan kon neem. Smith het in Julie uit die Indonesiese woude gekom en eers dierekenners geraadpleeg voor hy sy vonds aan die publiek bekend gemaak het.
Die Wondiwoi kon al dekades lank wegkruip omdat dit in bykans onbegaanbare bamboeswoude hoog bo in die berge woon. Verskeie krapmerke en boomkangaroemis het egter ʼn verwagting by natuurkenners geskep dat die spesie tog floreer.
Drop bear
Kul jou hier en kul jou daar en siedaar, dis ‘n Wondiwoicyril-boomkangaroe.
Ek wonder hoekom die owerhede hom nie vroeer aan die mense bekend gestel het nie.
Ek het heelwat fotos van soortgelyke boomkangaroes wat ek geneem het terwyl ek n paar jaar gelede in Papua Nieu Guinee gestasioneer was, trouens daar was n park net buite Port Moresby wat n klomp van hulle gehad het.
Hou dit maar stil anders word hulle kos! Waar die mens nie inmeng nie is daar altyd ‘n kans vir oorlewing.
Oulike diertjie, met ‘n oulike naam!