Eerste herdenking ná vrou met boom trou

Kate Cunningham (Foto: Triangle News)

Kate Cunningham van Sefton, Merseyside in Engeland het haar van na “Elder” (vlierboom) verander toe sy en die boom by Rimrose Valley Country Park getrou het.

Sy erken haar 15-jarige seun was “bietjie” skaam daaroor.

Kate (38) het gesê die twee is liewer as ooit vir mekaar en hulle het geen planne vir ʼn egskeiding nie. Die tradisionele geskenk vir ʼn eerste herdenking is papier. Volgens Kate was dit een van haar beste besluite ooit.

Sy het haar kêrel en twee kinders by die huis gelos toe sy en twee vriende die herdenking met ʼn glas sjampanje gevier het. Sy gaan kuier tot vyf keer per week by die boom. “Bome moet altyd eerste kom. Hulle hou ons aan die lewe,” het sy gesê.

Sy het dadelik geweet die boom is “die een” en sy klim gereeld die boom.

“Dit was klein bietjie van ʼn verleentheid vir my 15-jarige seun, maar hy sien nou die groter prentjie en verstaan waaroor dit gaan. Dit is iets wat my baie meer selfvertroue gegee het en ek gee nie om wat enigiemand anders sê nie.”

Kate is geïnspireer deur vroue in Mexiko wat soortgelyke seremonies hou as ʼn betoging om bewusmaking te skep oor onwettige houtkappery en ontbossing. Sy hoop dat haar lawwe taktiek ook die aandag sal fokus op ʼn veldtog om seker te maak dat die Rimrose Valley Country Park nie in ʼn verbypad omskep sal word deur Highways England nie. Plaaslike inwoners het ʼn veldtog gehou om te voorkom dat die verbypad, wat verkeersknope sal verlig, gebou word. Die inwoners voer aan die pad sal die park verwoes en geraasbesoedeling veroorsaak.

Konstruksie aan die pad sou in 2020 begin het, maar dit is opgeskort weens die Covid-19-uitbreking.

Kate beplan ʼn groot partytjie wanneer die inwoners se veldtog uiteindelik Highways England se plan verhoed.

“Ek hou daarvan om met die boom te praat. Ek sê hello en dankie vir die goeie energie. Ek voel soos ʼn sterker, beter persoon wat meer toegewyd is as ooit tevore om seker te maak die veldtog is suksesvol. So belangrik as wat die veldtog is, dink ek ook aan die verwoesting wêreldwyd. Die wêreld is so mooi en dit kan nie alles net swartgallig en wanhopig wees nie.”

Sy versoek ʼn jaarlikse “Trou-met-ʼn-boom-dag” en moedig ander Britte aan om ook met plante te trou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Chris ·

Daar is mos ‘n liedjie met woorde “I talk to the trees but they dont listen to me”, ek sal ook nie met haar wil praat as ek ‘n boom was nie. Is dit dslk ‘n geval die appel het nie ver van die boom geval nie. Sy is beslis hoog in die takke.

Misky ·

Ek vermoed sy het so bietjie teveel “boom” gerook….. ha ha ha ha

Wat op dees Aarde ·

Ek aan die ander kant dink nou weer dit is ‘n fantastiese idee. Ontbossing gaan die einde van die mensdom wees weens ‘n tekort aan suurstof. Gaan kyk bietjie hoe klein het die Amesone Woud geword weens ontbossing. Dit is inderdaad skokwekkend.

amapinki ·

Ontbossing is verkeerd ja, maar dit gaan oor die trouery met ‘n boom en om selfs haar van te verander na die soort boom. Sulke mense het Jesus nodig het. #perversegenerasie

Leon ·

Arme boom, het geen sê gehad in die hele aangeleentheid. Dalk maar ‘n plek vir haar bespreek in groen dakkies, sê maar vir haar sy bly nou binne die boom. Hahhaha

Vonkprop ·

So ‘n boom moes sy lewe opgee vir die papiergeskenk om haar huwelik met ‘n ander boom te herdenk? Hoe siek is die wêreld nie. Het daardie boom ‘n keuse gehad om papier te word? Wat maak hierdie boom so spesiaal? Is sy nou ‘n takbestuurder? Haar kêrel moes maar eers goed die Kate uit die boom uit gekyk het voordat hy met haar betrokke geraak het.

Scalla ·

Miskien ook boonop deur die blare en hoog in die takke gewees.

Vrijburger ·

Hedendaags is alle mos reg solank dit net “consensual” is – wonder ek by my self hoe het die boom (ek neem aan dit is ‘n ‘hy’) sy konsensus gegee?

Wonder ek ook hoeveel bome die dame al in haar lewe geplant het. Indien enige, dit is mos nie die soort ding wat die nuus sal haal nie?

Niklaas ·

My buurvrou het laasweek lank gestaan en staar na die lamp paal voor ons huise. Nou wonder ek nie meer , want ek begin verstaan. Daai arme familie van hierdie vrou wat effe in die bol getik is !!

RS ·

Wonder wat sy gaan doen as iemand onwetend die boom gaan afsaag?

Foefie ·

Geklikheid. Liewe genade. Wat sal mense nie alles bedink om aandag te trek nie?

Foefie ·

Geklikheid. Liewe land, wat sal mense nie alles aanvang om aandag te kry nie?

amapinki ·

Geestesongesteldheid is nou normaal. Herdie mense het Jesus nodig.

amapinki ·

Dit laat my dink and die keer toe mense met die oseaan getrou het en hulle “consummation” van die ‘huwelik’ was om in die branders rond te rol. #koekoes #perversegenerasie

Inkpot ·

Wat gebeur met die boom as sy dalk trek?
Dalk ń egskeiding? LOL

Simie ·

Ek stem dat natuur belangrik is maar sy het dit nou bietjies te ver gevat.

Faruk ·

Nou wat sou dan nou so verkeerd geloop het in die mens se lewe?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.