Eerste persoon ooit wat doodgery is

Bridget Driscoll

Bridget Driscoll sal onthou word as die eerste persoon wat ooit deur ʼn voertuig doodgery is.

Driscoll is op 17 Augustus 1896, in die ouderdom van 44 jaar, in Engeland deur ʼn voertuig raakgery, berig Wikipedia. Sy en haar tienerdogter het oor ʼn pad in die Crystal Palace in Londen geloop toe sy deur ʼn voertuig, wat aan die Anglo-French Motor Carriage-maatskappy behoort het, getref is. Die voertuig was gebruik om demonstrasieritte te verskaf.

Volgens ʼn ooggetuie het die voertuig teen ʼn “roekelose spoed, so vinnig soos ʼn brandweerwa” gery. Alhoewel die spesifieke voertuig slegs 13km/h kon haal, was die spoedgrens destyds vasgestel op 6km/h. Arthur James Edsall van Upper Norwood, die bestuurder van die motor, het beweer hy het die spoedgrens gehoorsaam.

Die ongeluk is as ʼn “ongeluksterfte” aangeteken en die motoris is nie vervolg nie. Percy Morrison, die lykskouer, het gesê hy hoop “so ʼn ongeluk gebeur nooit weer nie”.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ina Chatwind ·

Glo dit as jy wil, maar mense het in perdekar ongelukke ook gesterf. Miskien moes julle opskrif gelees het: Motorvoertuig.

Rudi ·

Ek stem. En daarby: “berig Wikipedia?” … um, Wikipedia is nie ‘n nuusbron nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.