Masao en Miyako Matsumoto is die oudste lewende man en vrou en is al langer as 80 jaar getroud. Die twee het in 1937 getrou.
Masao is 108 jaar oud en Miyako 100 jaar oud. Hulle het ʼn Guinness-wêreldrekordsertifikaat ontvang vir die oudste lewende getroudes met ʼn gekombineerde ouderdom van 208.
Die egpaar het vyf dogters, 13 kleinkinders en 25 agterkleinkinders.
Wat is die geheim vir hul 80 jaar lange huwelik? Miyako het aan Reuters gesê sy skryf dit toe aan haar geduld. “Ek is so bly. Dis eintlik danksy my geduld!” lag sy. “Ek is so dankbaar, dit laat my sommer huil.”
Lees meer oor Masao en Miyako se lewe en huwelik op die webwerf van Guinness-wêreldrekords.
Die oudste getroude paartjie ooit was die Noorweërs Karl Dolven (31 Augustus 1897 – 31 Julie 2004) en Gudrun Dolven (14 Oktober 1900 – 24 April 2004), wat ‘n gekombineerde ouderdom van 210 jaar 1 maand 34 dae gehad het toe Gudrun oorlede is.
Dis nou ‘n beautifull storie vir ‘n Vrydag. Amen
Dit KAN gedoen word!
Ons moet net ons “eie ek” ons selfsug verruil vir ware Agape Liefde.
Pragtige storie en voorbeeld vir alle paartjies wat dit WIL MAAK WERK
Jy reken daar is n resep om 80 jaar getroud te wees?
Wow, dis absoluut wonderlik.
Congratulations.
Wat n voorbeeld vir baie! Baie baie geluk. Dit is n groot seën van Bo.