Egpaar al 80 jaar lank getroud

Masao Matsumoto (links) en sy vrou Miyako (Foto: Guinness World Records)

Masao en Miyako Matsumoto is die oudste lewende man en vrou en is al langer as 80 jaar getroud. Die twee het in 1937 getrou.

Masao is 108 jaar oud en Miyako 100 jaar oud. Hulle het ʼn Guinness-wêreldrekordsertifikaat ontvang vir die oudste lewende getroudes met ʼn gekombineerde ouderdom van 208.

Die egpaar het vyf dogters, 13 kleinkinders en 25 agterkleinkinders.

Wat is die geheim vir hul 80 jaar lange huwelik? Miyako het aan Reuters gesê sy skryf dit toe aan haar geduld. “Ek is so bly. Dis eintlik danksy my geduld!” lag sy. “Ek is so dankbaar, dit laat my sommer huil.”

Lees meer oor Masao en Miyako se lewe en huwelik op die webwerf van Guinness-wêreldrekords.

Die oudste getroude paartjie ooit was die Noorweërs Karl Dolven (31 Augustus 1897 – 31 Julie 2004) en Gudrun Dolven (14 Oktober 1900 – 24 April 2004), wat ‘n gekombineerde ouderdom van 210 jaar 1 maand 34 dae gehad het toe Gudrun oorlede is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Fantasties ·

Dit KAN gedoen word!
Ons moet net ons “eie ek” ons selfsug verruil vir ware Agape Liefde.

Pragtige storie en voorbeeld vir alle paartjies wat dit WIL MAAK WERK

Avra ·

Wat n voorbeeld vir baie! Baie baie geluk. Dit is n groot seën van Bo.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.