ʼn Burgemeester van Mount Dora in Florida, VSA, moet om verskoning vra ná ʼn egpaar met duisende dollar beboet is toe hulle hul huis se buitekant geverf het om soos ʼn Van Gogh-skildery te lyk.
Die Orlando Sentinel berig die stadsraad het Dinsdag beslis dat Lubomir Jastrzebski en Nancy Nemhauser die blou-en-geel-krulle verf, volgens Vincent van Gogh se skildery, “Sterrenag”, mag behou. Dit volg ná ʼn jaarlange stryd tussen die egpaar en die stadsraad.
Die egpaar wou nie hul stryd teen die stad se poging om hulle te dwing om die huis in Old Highway 441 net in een kleur te verf, laat vaar nie. Hulle het dié ontwerp gekies omdat dit hul volwasse seun, wat outisties is, glo “kalmeer”. Hy is ʼn groot aanhanger van die skilder en hy kan die huis dus ook vinnig opspoor as hy sou verdwaal.
Die stad het aangevoer die huis trek motoriste se aandag af.
Volgens die skikkingsooreenkoms moet die stadsraad die egpaar ook met $15 000 (meer as R200 000) vergoed. Die egpaar moet die ontwerp “in ʼn goeie toestand hou” en “beskerm sodat dit nie verdof of afdop nie”.
“Starry, starry night. Paint your house in blue and white…”
Waaroor sal mense nie nog kerm nie? Dit is briljant om jou huis so te verf. Sou dit graag self wou doen soos Tretchikoff se “Lost Orchid”.
Het as kind naby mense gebly wie se huis pers, lemmetjie groen en kanarie geel geverf was. Vir my as kind was dit die mooiste huis ooit. Die grootmense het altyd iets te sê gehad as ons daar verby ry. Kan net sê, as dit my huis is kan ek hom mos verf net soos ek wil? Dan nie?
Wat n arrogante en inmengerige stadsraad. Vlieg in jou peetjie. Goed om te hoor die eienaars het geseevier.
Pleks mense hul ophou met wat hul aangaan. Ten minste help hulle hul kind om rustig en gelukkig te wees, en gooi hom nie net in n inrigting nie.
So bly dat hulle – hulle verfkeuse kon uitoefen.
Oulike idee vir kind om plek te kry!
Ons het ‘n plek in Pampoendorp – het al baie voorbeelde van hoe om die helder oranje te gebruik om ook prentjies op die mure te verf …..
Wag nou net vir krag om dit te doen.