Egpaar se ongewone troufoto’s sorg vir opskudding

Foto: Joel Lim / Calibre Pictures

Foto: Joel Lim / Calibre Pictures

ʼn Paartjie van Singapoer het met hul troufoto’s ʼn opskudding op sosiale media veroorsaak.

Die BBC berig Jenny Tay en Darren Cheng, albei werknemers by ʼn begrafnisonderneming, se troufoto’s sluit onder meer foto’s in waar hulle in ʼn kis sit. Volgens die paartjie, wat eers in Oktober trou, het die dood ʼn belangrike deel in die fotosessie gespeel.

“’n Groot gedeelte van die fotosessie was beslis deur die werk wat ons doen geïnspireer. Die dood is ʼn deel van ons lewens en moet nie as taboe gesien word nie,” het Tay gesê.

Troufotosessies in Singapoer word tradisioneel voor die amptelike seremonie gehou. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Debs ·

duidelik raas hulle almal se koppe…… dis net weer om anders te wees ….

fransie rowles ·

Hul doel bereik, darem die media gehaal!! want mooi is dit nie!

Liza ·

Hoerdie huwelik is seker al dood verklaar die dag met die troue al

Grotman ·

Waarom al die bohaai? Die enigste ding in die lewe wat gewaarborg is is die dood! En die kis is perfek vir n bed! Dit hou die lig, goggas en bure se lawaai uit en die beste van als is dis portable!! Los die paartjie uit en gaan koop julle eie!…

charmaine ·

Om anders te wees is goed. Dit is pragtige foto’s. Niemand kla as die afgesaagde brandweer-wa, vliegtuig, perde foto’s geneem word nie om dat dit n brandweer-man is wat trou,of n pilot en boer en boeremeisie nie.

En die rokke is pragtig!!

Janine ·

Ek dink dis pragtige foto’s! En uniek. Jinne, mense gun ander wragtig niks.

Anita ·

“Tot die dood ons skei” weerspieël prakties op hulle troufoto’s.

Rustig wees mense, leef en laat leef. Ek sal dit nie self doen nie maar dan doen ek dalk iets wat hulle ook nie sal aanstaan nie.

Sy is pragtig.

Akram ·

Genugtig. ek moet saamstem dat die nie so buitegewoon is nie. die aanstaande bruid se rokke is regtig mooi. ek beplan ook om binnekort verloof te raak. ek het gedink ek sal dit doen oppad sa toe. sommer so oor mosambiek die ring aansteek. ek is nie n cheapskate nie maar op die vlug is kos en drank ingesluit. so ek spaar op dit. Ek sou op die kiste in die foto dalk n mooi blom of 2 gebruik het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.