Eiers help dogter om op huiswerk te fokus

Argieffoto (Foto: Couleur/Pixabay)

ʼn Ma het ʼn ongewone plan beraam om haar dogter aan te moedig om stil te sit en huiswerk te doen.

Die ma se plan word deur sommige ouers geloof, maar dit laat ander ouers besorg.

Die ma se bisarre strategie was om die grond met ongekookte eiers te bedek sodat haar dogter nie kon opstaan nie en om ʼn broodjie met ʼn tou om haar dogter se nek vas te maak sodat sy kan sit en peusel. Die dogter het glo gereeld gekla sy wil badkamer toe gaan of sy is honger, eerder as om stil te sit en te konsentreer.

Sommige ouers meen dit is ʼn baie goeie plan om kinders aan te moedig om hul huiswerk te doen – selfs al is dit bietjie vreemd.

Die dogter was nie beïndruk met haar ouers se plan nie, maar sy wou ook nie die eiers breek nie. So sy het stil gesit en haar huiswerk afgehandel.

Die beeldmateriaal is glo by die gesin se huis in Baoding in Hebeiprovinsie in China verfilm.

Die ma, slegs bekend as me. Wang in plaaslike media, voer aan haar dogter se aandag word gereeld afgetrek en sy sal enigiets buiten haar huiswerk doen.

“Sy was gereeld óf dors en dan wil sy ʼn glas water hê, of honger. En elke keer wanneer sy iets geëet of gedrink het, wil sy badkamer toe gaan.”

Sy het haar man gestuur om eiers te gaan koop en dit om haar dogter se voete en op die vloer van haar kamer gepak.

“Sy het daarna haar huiswerk korrek en eerlik afgehandel – maar sy het beslis gedink sy word onregverdig behandel en sy was nie gelukkig nie!”

Van die ouers het in die kommentaar laat weet hulle hou van die idee en wil dit self probeer, maar ander is onseker en sê kinders moet nooit vir te lank op een plek stilsit nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.