Albert Einstein se teorie oor geluk is dalk relatief, maar dit is pas vir miljoene op ʼn veiling verkoop.
Die Nobelpryswenner se gedagtes, in ʼn handgeskrewe nota, is dalk nie so bekend soos sy deurbraak met sy relatiewiteitsteorie nie, maar dit werp tog lig op een van die groot denkers van ons tyd.
The Winner-afslaers het gesê Einstein se handgeskrewe nota, in Duits, is in 1922 in Japan aan ʼn hotelwerker van die Imperial Hotel Tokyo oorhandig nadat hy nie genoeg kontant by hom gehad het om ʼn fooitjie te oorhandig nie. Hy is tydens sy reis in kennis gestel dat hy die Nobelprys in fisika ontvang het vir sy relatiwiteitsteorie. “As jy gelukkig is, dan sal die briefie eendag meer werd wees as net ʼn gewone fooitjie,” het hy glo aan die werker gesê.
Die nota lui: “ʼn Kalm en bedeesde lewe bring meer geluk as die strewe na sukses wat met deurlopende rusteloosheid gepaardgaan.”
Die veiling in Jerusalem het Dinsdag op $2 000 (R28 000) begin en vinnig toegeneem. Dit is uiteindelik vir $1,3 miljoen (byna R18,5 miljoen) verkoop. Die verkoper is na bewering ʼn familielid van die hotelwerker en die koper is van Europa. Die afslaers het nie die koper of verkoper se naam bekend gemaak nie.
Einstein is in 1955 oorlede.
Pragtige ware storie! Love dit.
Ek het n teorie oor plaasmoode, ek wonder hoeveel dit werd is???
Relatiwiteit my dierbare vrinne, nie relatiewiteit nie
Dog, alles is relatief.
?