‘Ek is glad nie spyt nie’

Christina Meador in die dinosouruskostuum op haar sussie se troue

Foto’s van ʼn vrou wat soos ʼn T-Rex-dinosourus aangetrek het vir ʼn troue, word wyd op sosiale media gedeel.

Deanna Adams, van Nebraska in die VSA, het vir haar gevolg gesê hulle kan enigiets aantrek vir die troue. Haar sussie, die strooimeisie, het dit ter harte geneem en in ʼn reusagtige opblaasplastiek Tyrannosaurus rex-kostuum opgedaag.

Deanna se sussie, Christina Meador (38), het ʼn foto van die seremonie op Facebook gedeel waar sy in haar ongewone uitrusting langs die bruid en bruidegom en hul gevolg verskyn. Sy het by die foto geskryf: “As jy die strooimeisie is en hoor jy kan enigiets aantrek … Ek is glad nie spyt nie,” het sy geskryf.

Een persoon het in die kommentaar onderaan die foto geskerts: “65 miljoen jaar en nog steeds ʼn strooimeisie.”

Christina het gesê haar sussie het haar ʼn jaar gelede gevra of sy haar strooimeisie sou wees. “Sy het geweet ek trek nie graag formele rokke aan nie en ek het waarskynlik nie genoeg geld om iets mooi te koop nie. Sy het my gerus gestel dat ek enigiets kan aantrek.”

Sy het lank voor die troue grappenderwys vir haar sussie laat weet dat sy ʼn dinosourus-kostuum oorweeg, en haar sussie het dit gedink dit sou baie snaaks wees. Christina het ook op die dag van die troue ʼn ander rok saamgevat en Deanna ʼn paar keer kans gegee om van plan te verander, maar Deanna het volgehou die dinosourus moet op die troue wees.

Volgens Christina het sy die dinosouruskostuum gekies omdat hulle “fantasties” is en sy nog altyd een wou hê.

Sy het direk ná die seremonie van die kostuum ontslae geraak en in die rok, wat sy onderaan aangehad het, saam onthaal gehou.

When you're maid of honor and told you can wear anything you choose…I regret nothing ????

Posted by Christina A. Meador on Saturday, August 10, 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Nico K ·

Was duidelik nie ‘n baie formele troue nie. Die een strooimeisie het plakkies aan en die ander een tekkies. Nie iets wat ek al by ‘n troue in SA gesien het nie.

KDT ·

@Nico K – Nie heeltemal waar nie. Ek was kaalvoet, en ek was die bruid :)

SoosDitIs ·

Hulle kon aantrek net soos hulle wou…. Die tekkies lyk “fantasties” hahaha

Liezille Vermeulen ·

@ Niko K – My man is getroud in sy kakie broek en sy plakkies, en ek kaalvoet.. :)

Liezille Vermeulen ·

Lyk meer vir my soos ‘n plot of ‘n ranch.. maar okei

Liezille Vermeulen ·

Ek dink dis ‘n oulike troue. As jy en jou man rerig lief is vir mekaar maak wat die mense om julle dra, of even watokal jy dra nie saak nie – dis ‘n bysaak. Ek persoonlik kan nie verstaan hoekom mense 30 000 rand vir ‘n rok by ‘n troue uithaal en 120 000 vir ‘n venue nie. Jou belofte word voor God gemaak, die mense hoef nie eers daar te wees nie

Karl ·

Ons het lekker geld spandeer op ons troue, en ek sal dit oor en oor en oor doen, en ek sal dit aanraai.

Liezille Vermeulen ·

@Karl, party mense wil die “bells and whistles” he, ander nie. Vir ander is “kom as jouself” genoeg

Sam ·

My beskeie mening is dat hul ‘n bespotting van die huweliksinstelling maak.

Die huwelik is ‘n beeld van die Ewige, die rein bruid wat haar in wit versier vir die verbinding aan die Bruidegom. Lees die Woord, die betekenis van die lossingsreg, ‘n vrou wat ‘n weduwee moet wees voor sy weer trou (daarom dat ons Verlosser kom sterf het om Sy vrou los te koop van die huwelikswet). Dis pragtig en moet vir ons ‘n sinnebeeld van die Goddelike wees.

@Sam ·

As dit nou die bruid was wat so aangetrek het, sou ek jou punt eerder ingesien het.

Koos ·

Nee regtig, waar is julle menslikheid? Die een sê hulle is van ‘n “trailer park”, die ander hulle is commin. Laat staan die hoogmoed!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.