Ekstra vakansiedae as jy nie rook nie

Argieffoto (Foto: klimkin/Pixabay)

ʼn Maatskappy in Japan gee werknemers, wat nie rook nie, ses dae verlof ekstra per jaar vir die tyd wat rokers gebruik om gereeld ʼn sigaret te gaan rook.

Piala Inc, gebaseer in Tokio, het die beleid ingestel ná ʼn werknemer gekla het dat persone, wat gereeld gaan rook, produktiwiteit beïnvloed, aldus CNBC.

Die maatskappy se kantoor is op die 29ste verdieping geleë en enigiemand wat vinnig wil gaan rook, moet na die kelderverdieping toe gaan. Dit duur dus ongeveer 15 minute lank om ʼn sigaret te gaan rook, en personeel wat nie rook nie, het hul ontevredenheid laat blyk.

Die maatskappy se uitvoerende hoof, Takao Asuka, het van die klag te hore gekom en besluit om nie-rokers ses dae ekstra verlof per jaar te gee as vergoeding.

“Een van ons personeellede, wat nie rook nie, het ʼn boodskap in die maatskappy se voorstelleboks gegooi om te sê dat rokery tot ongelukkigheid lei,” het Hirotaka Matsushima, ʼn woordvoerder vir Piala Inc, gesê. “Ons uitvoerende hoof het die voorstel gesien en ingestem, so nou gee ons nie-rokers ekstra tyd om hulle te vergoed.

“Ons hoop om werknemers aan te moedig om op te hou rook deur byvoordele, eerder as boetes of onder dwang,” het Asuka aan Kyodo News gesê.

Al hoe meer maatskappye in Japan poog om rokery te bekamp. Die plaaslike owerhede in Tokio het ook streng reëls teen rook ingestel voor die Olimpiese Spele in 2020.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Yes ·

YES Ek’s hier daarvoor!

Plaas dat hulle dit in Suid Afrika inbring!

Produktiwiteit is SUPER LAAG wanneer ‘n maatskappy “smoke breaks” toelaat

koos ·

Yes, ek sien waarvandaan jy kom, maar moet koffiebreeke (of is dit breke?), laatkom, vroeg loop, geselsies met kollegas, om MM te lees buite jou etenstyd, ens. maar nie ook maar onder die opskif produktiwiteit val nie.
Ek is ‘n roker, ek moet vanaf 07:30 tot 16:00 werk met 30 minute etenstyd. Ek sit al elke dag 06:00 op kantoor en vat GEEN etenstyd nie en rook sowat 5 sigarrette per dag teen 5 minute elk (My kantoor is baie naby die rook area). Is ek dan nou ONPRODUKTIEF?

se maar net ·

goeie idee, miskien moet hulle dit in suid-afrika ook instel, by werksplekke

Jim ·

Ek verstaan nie mooi waarom die nie-rokers bevoordeel moet word nie, benadeel liewers die rokers deur hul jaarlikse verlof met die 6 dae in te kort. Dit lyk vir my so na n “verkeerd om” besluit.

Johan ·

Ek dink nie jy mag vakansiedae wegvat nie, die wet sê hoeveel vakansie dae elke werknemer minimun moet kry…

SjN ·

Implimenteer dit in SA, produktiwiteit is juis so laag, betaal nie rokers 6 dae minder.

Susan ·

This is nonsense – there are loads of employees who sit at their desks doing hardly anything – surfing the internet and playing on Facebook etc. and also taking extended lunch hours. They waste more company time than smokers who go and have a quick smoke a few times a day.

Meraai ·

Dis darem waar, sommige mense is vreeslik onproduktief, en dan rook hulle nie eens nie

As if ·

So are you saying that smokers do not sit behind their desks doing nothing? And that they do not play around on the internet? They do, AND then they go for smoke breaks as well! Anyone who smokes with all the information available nowadays does not make sense to me.

Jan ·

And what about those who sit around doing nothing, and then take smoke breaks as well? Point is, non-smokers who work, have no urge to take a 15 min break every hour. This is also a way of getting people to stop smoking!

wielie ·

Stem volmondig saam met Susan. Baie kolegas wat sit en slaap by hul tafels, fliek kyk of sommer net sit en google of op Facebook sit.

Erik ·

En dis gewoonlik hulle wat dan nog gaan rook ook? Nee wat! Rokers behoort benadeel te word.

Wielspore ·

So 6 dae langer by Jeffereysbaai, enige tyd. Hier by ons is ‘n groot vervaardigings aanlêg en die rokers loop van rook hokkie tot rook hokkie. Soggens op pad vergadering toe sit die rokers met die twak by die boom, na die vergadering kry ek dieselfde groep langs die beheerkamer se twak hokkie. Na my updates op terug kantoor toe hou hulle hulself weer op met twak onder die boom. Vir my was dit produktiewe tyd van 2 ure, vir hulle was dit 36 minute van twak tyd. Ek het 2 ure gewerk, hulle het 36 minute minder gewerk. Dit neem gemiddeld 12 minute om ‘n twakkie te maak. Of praat ek nou twak.

Spikkels ·

Stem hul kan dit in SA ook inbring vir rokers asook die wat so op hul selfone en sosiale media is by werk penaliseer.

Andre ·

Hier by ons daag die nie rokers sommer summier nie op vir werk nie en kry in elkgeval gratis verlof dae…..

allerokersisniedieselfdenie ·

Aan die wat so kla oor die rokers, ek self is n roker.
en ek kan jou belowe dit vat my beslis nie 15 minute per smoke break nie, ek maak seker dat ek nie langer as 5min uit kantoor is nie. en beperk myself tot 1 een sigaret elke uur en n half. Dit wil se 25 min se smoke break deur die dag. Omdat ek weet ek rook vat ek nie my tee breuke nie. My tee breuke is dus 30 min. ek maak koffie en sit by my Tafel en werk en drink my koffie tussen deur.

@susan with you on that one, completely and exactly what is happening in my case. spending hours on the pone… taking lunch breaks of over an hour sometimes over 2 hours, where it should be half an hour.. but yet they are quick to complain about the smokers.

Tina ·

Ek stem saam met jou. Mense is gou om lelik te wees oor nie rokers. Maar ek weet van baie meer nie rokers by my werk wat BAIE BAIE minder produktief is as die rokers. Dit gaan nie oor rook of nie rook, wat mens dan harde werkers maak of intelegent maak nie. Dit gaan oor eie keuses. Mense moet eerder ophou vinger wys na ander wat dalk iets doen waarvan jy nie hou nie. Want 4 vingers wys terug na jouself.

Lizzy ·

Mense wat rook is baie meer produktief (en mense wat koffie drink), as mense wat nie rook en nie koffie drink nie. Moenie almal onder dieselfde kam skeer nie, maar dis die geval vir die meerderheid.

Hennie ·

VROULIKE WERKNEMERS MET KORT TROKKIE KRY 6 DAE VERLOF EKSTRA.

MANLIKE WERKNEMERS SONDER N BAARD OF SNOR KRY EKSTRA 6 DAE VERLOF

WERKNEMERS WAT NIE SKINDER, ALTYD VRIENDELIK EN RESPEKVOL IS TEEN OOR MEDE WEEKERS KRY 10 DAE EKSTRA VERLOF.

Waarom diskrimmineer ? …. want dit is presies wat dit is. Produktiwiteit word gemeet teen uitsette nie teen gewoontes, geloof, gewoontes of kleredrag. In BAIE gevalle is rokers meer produktief en meer effektief as nie-roker.

Haal rook uit die senario….. gee personeel n “pouse”…. n breek. Konsentrasie verhoog en verdeeltheid word voorkom.

Klets in gange, badkamers uitstappies en sosiale media besoek EN rook kan dan gedoen word.

My gevoel is dat nie-rokers die selfsugtiges is en nie andersom nie…

Stof ·

Sonder om die rookkwessie direk aan te spreek, het ek ‘n bekommernis oor bepaalde werkgewers wat wel ongeskeduleerde rookbreuke toelaat, maar van die personeel wat insulien moet spyt, viktmiseer as hulle moet gaan spuit. Die pankreas het nie ‘n horlosie nie. Hy weet nie wanneer teetyd of etenstyd is nie. Hy kan homself, op enige ongeskeduleerde tyd, wangedra…
Alhoewel die spuit van insulien ‘n tydjie neem, kan die weerhouding van insulien om watter rede ookal, die pasient se lewe bedreig, of weens suikerwanbalanse wat nie aangespreek word nie, juis produktiwiteit ernstig strem.
Hierdie praktyk lyk nie juis vir my konsekwent nie.
Ek vertrou dat hierdie inset ‘n paar gedagtes losgemaak het.
Seenwense.

Dampie ·

Dit is meestal van die nie rokers (en ons weet van wie ons praat) wat mens dryf na ‘n rokie. Daarsonder sal ons verseker ons cool gereeld verloor. Grootste deel van daai nie rokers staan gedurig rond in die kombuis of sit in mekaar se kantore en jap. Verder is baie van hulle onbekwaam en word die werkladig op ander afgedwing. So laat daar gerook word.

Ag asseblief ·

In my opinie is rokers oor die algemeen nie baie slim en hardwerkend nie. Deesdae is dit die laer, oningeligte klas was rook. Meeste mense rook nie meer nie. Dis is sleg vir jou en kos geld. Maak nie sin nie. Op my personeel van ongeveer 50 is daar nie een roker nie! Ek stel nie rokers aan nie, al is dit diskriminasie.

Tina ·

“Ag asseblief”, daarsy, presies soos jou skuilnaam se, AG ASSEBLIEF. Weet nie waar jy aan jou informasie kom nie. Net laer oningeligte klas wat rook? Ek vermoed sterk dat jy eerder deel is van die “laer ongeligte klas” van mense. En dan het jy nog mense wat vir jou werk, en jy raak sulke snert kwyt. Ek WET JOU, daar IS onder daardie 50 wat rook. Jy weet net nie van hulle nie, want hulle rook nie by werk nie. Ek rook al van ouderdom 19, en glo my, ek wet jou my IK is hoer as joune. Ek wet jou ook ek is gesonder as jy……………. Mense soos jy wat glad nie gelukkig is in hulle eie lewe nie, om so te oordeel.

Sylvia ·

Ai toggie, dit is belaglik verby, Japan wat hulle ophou met allerhande “onwettige” dinge, dit is hoe dit met so baie dinge in die lewe gaan, konsentreer op een ding en trek die aandag af van die “onder tafel” dinge.
Meeste mense eet eers ontbyt by die werk, grimeer, borsel tande, ens., ens.,

@ag asseblief ·

Dis duidelik dat jy nie ‘n blanke persoon het wat vir jou werk nie. Daarom rook niemand in jou span nie, want hulle is nie onderworpe aan stres nie. Hulle ry ook maar net heerlik saam.

Henk Hefer ·

Nie rokers stres só baie oor rokers se gesondheid dat hulle ekstra rusdae nodig het. Dit maak mos nou baie sin. Of hoe?

VanAfrika ·

Aaag tog, dis net amazing hoe rokers ALTYD n verskoning soek om die lug te besoedel. Ek kom 7.30 in die kantoor dalk vroeêr en my agterent is aan my stoel vasgegom. Ek staan net op as ek regtig n koffie wil hê of queries moet uitsorteer. Partykeer moet ek na die gebou oorkant ons stap en as ek verby die rokers stap sit dieselfdes daar my baas ingesluit. As ek n uur later terug kom kantoor toe, sit hulle nog steeds daar, my baas ingesluit. n Uur daarna kom hulle eers terug kantoor toe, dis twee ure later. So moenie vir my vertel dat as ek n knopie geselskap aanknoop by n kollega, vriend of vriendin dit jou moet pla nie. Sou ek n geselsie aanknoop is dit produktief en ek besoedel nie die lug nie.

Enne glo dit of nie, hierdie is my eerste koffie breuk vir die middag en ek het nie gaan koffie maak nie, ek het ingeklok om op hoogte van die nuus te bly.

So ja nie-rokers verdien daardie ekstra 6 dae omdat ons nie die lug besoedel vir die helfte van die dag nie.

A Mac ·

Ek was self ‘n roker maar nadat ek opgehou het het ek self ervaar dat ek baie minder stress by die werk gehad het. Ek het nie meer nodig gehad om my werk af te jaag nie omdat daar tyd was om dit rustig klaar te maak. En ons kantoor het sommer baie beter geruik na ‘n paar weke sonder rook.

Lorette ·

Ek is ongelukkig ‘n roker, nie eie vrye wil nie, maar omdat ek daagliks by rokers moet verby stap om in my kantoor te kom. Ek is uiters allergies vir rook en het agv daarvan al in die hospitaal beland en is omtrent deur ‘n dokter ingevlieg. Wou nie glo toe ek hom sê dat ek nog nooit in my lewe gerook het nie – vir x-strale gestuur wat bewys het dat ek ‘n 2e hande roker is. My medies gemors en geen verskoning. As hulle maar net weet hoe ek rook haar agv ekstra medikasie wat ek daagliks moet gebruik. Het op ‘n keer, sonder om te dink, ‘n tegnikus beveel “staan terug asb, jy maak my siek” Het darem later verskoning gemaak en verduidelik dat sy klere so na rook ruik, dat ek nie kan asem kry nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.