Elon Musk se dubbelganger verstom die internet

Skermgreep uit die video

ʼn Man van China maak opslae omdat hy presies soos die miljardêr Elon Musk lyk. Tesla se uitvoerende hoof se “dubbelganger”, soos wat die internet hom noem, laat kykers verstom.

Dit is ʼn ou video, wat oorspronklik deur ʼn gebruiker genaamd Udubria Isaac op 1 Junie op Instagram gedeel is, maar dit versprei nou soos ʼn veldbrand en is reeds meer as 16 miljoen keer gekyk. Die byskrif is bloot: “Chinese Elon Musk”.

Die video begin waar die Chinese man uit ʼn Tesla-motor klim, glimlag en sê: “Haai almal, ek is Elon Musk.”

Gebruikers het hom uitgeken as Yilong Ma.

In die kommentaar is dit duidelik dat mense nie hul oë glo nie. “Dis so snaaks – ná hy sê hy is Elon Musk, weet hy nie wat om verder te sê nie. Hierdie weergawe kom van Mars, nie van China af nie!” skryf een persoon.

ʼn Ander gebruiker meen dit is ʼn fop-video. “Mnr. Musk wou hom self ontmoet, maar hy het nie die uitnodiging aanvaar nie. Hy wil ook nie met verslaggewers gesels nie. Ek vermoed dit is omdat hy dié identiteit vir homself toegeëien het,” het die persoon bygevoeg.

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Udubria isaac (@homieisokotv)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.