Enige bagasie? Net ʼn blikkie bier…

Die blikkie bier op die voerband

ʼn Australiër het die wenk, om lig te reis, na ʼn nuwe vlak geneem toe hy sy bagasie onlangs by die lughawe ingedien het – dit was slegs ʼn blikkie bier.

Die passasier was Saterdag van Melbourne op pad na Perth op Qantas vlug-QF777 en was vasbeslote dat sy Emu Export lager saam met hom moes reis. Die enkele blikkie bier is saam met die res van die passasiers se bagasie op die vlug gelaai.

Die blikkie is gemerk en die Melbourne-grondpersoneel was tevrede om die blikkie bier te vervoer, maar het ʼn paar foto’s geneem van dié ongewone bagasiestuk.

Die man was dankbaar toe sy blikkie bier uiteindelik ook op die voerband verskyn. “ʼn Vriend werk by die lughawe en ons het net vir die grap die plan beraam. Ek het eintlik nie verwag om die blikkie bier aan die ander kant te sien nie,” het hy aan die Daily Mail gesê. “Die blikkie het egter lank voor die ander bagasie uitgekom, so die bagasiehanteerders het dit duidelik waardeer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ander Annie ·

Die ou blikkie bier sou dit nie gemaak het tussen Johannesburg en Kaapstad. Sou beslis “lost baggage ” gewees het.

thelsa ·

Enige SA lugredery sou dit aanvaar het solank dit net “light” was

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.