Enorme avokado’s op Australië se rakke

Foto: Peaches Fresh Food

ʼn Oes enorme avokado’s, vyf keer groter as die normale grootte, is nou in Australië te koop.

Die avokado’s, wat as “Avozillas” bekend staan, is die oes van David Grove van Bungundarra in Queensland. Hy het verlede maand die Avozillas geoes.

Die avokado’s weeg gemiddeld 1,2 kg elk met sommige wat tot so swaar as 1,8 kg weeg.

Die Avozilla is nie geneties gewysig nie, maar ʼn kruising tussen twee subspesies van avokado. Die boom van oorsprong is in Suid-Afrika.

Grove het aan ABC News gesê groter vrugte en groente is soms nie so smaaklik soos die kleiner weergawes nie, maar in hierdie geval is dit blykbaar net so lekker romerig.

Cameron Perna, verkopebestuurder by Mercer Mooney in Perth, het gesê die Avozillas word teen $12 elk verkoop. Volgens hom kon hy die helfte van een van die avokado’s oor nege roosterbroodjies smeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

JAN ·

Die mannetjie by die kruising in Kimberley reken die ovaal modelle is die Zumavos en die ronde modelle is die Ramavos .
Die prys is dieselfde. lol !!

Prysverskil ·

Haai Jan, die prys verskil is ampter R108.00 duurder as die R12.00 wat jy daarvoor in SA betaal

lekker eet en geniet die prysverskil. Ek is dankbaar om in hierdie goedkoop SA te woon.

Oz ·

@Prysverskil, en ek’s dankbaar om in Aus te woon waar ek nie gaan geskiet word vir my R12 avo nie lol

Dalene ·

Ek stem saam, pryse kannie regtig vergelyk word nie… ek betaal eerder duurder vir ‘n item in ‘n land waar my kinders nog in die straat sal kan fietsry :-(

Wonder ·

Die avozillas sal idaal wees as jy vir groot hoeveelhede kos maak. Die gevone avokoes in idiaal vir 1 of twee petsone.

Karpman ·

Wonder, ek skuld jou. Ek so 3 koop teen R12 virrie nawweek bydie dam want die wyf se ma ‘hulle kom ook. Ek gaanou net 1 avazillo koop cir R109! Cheers.

Gerda ·

Wonder, kan mens die goed vir jou pets voer? Vra want ek sien jy sê 1 of 2 petsone. As jy kan, antwoord aseblief. Sal jou my nommer gee as ek van jou hoor, en dankie byvoor baat.

Paul ·

Genade, dis groot!

Ons het vir ons verlede week, hier in Die Laeveld, ‘n sakkie met 5 groot avokadopere in gekoop, almal omtrent dieselfde grootte. Hierdie avokado’s is nou weer in die vorm van ‘n peer, nie soos dié op jul foto nie. Dit is nou van daardie regte botterpere waarvan die geel so ‘n neut smaak het. Die grootste een is 22 cm lank en weeg op die kop 1 Kg.

Anna ·

Prysverskil. Jy is verkeerd. Jan het gepraat van die avos in kimberley wat albei dieselfde prys het. Lees weer

JAN ·

Anna
Die misverstand herinner aan die dowe Non .
Toe hulle haar van die Avo’s beduie toe vra sy :”Vader wie???!!””

prysverskil ·

More Oz, ek is inteendeel baie lief vir Australie en kuier gereeld daar by my kinders. Ek het net vir Jan ‘n vergelyking in prys uitgewys.
Vir julle Ozzies wat in ‘n veilige, skoon land met wette woon en dollars verdien, is dit nie duur nie
Ek is so bly jy lees nog ons koerante. Geniet jul vryheid terdee.

Groete
,

Jannie ·

Die avo is nie so groot nie,ons het toe ek klein was in n huis gebly waar daar sulke moewies avos was as hulle afval terwyl jy onder deur boom loop het hy jou lekker seer gemaak,soms
katswink geval.Die huis se dak was vol duike,gelyk of n sokker bal groot hom orals geduik het.En dis ook nie die ware groote nie,foto trick,hul moes albei avos langs mekaar hou.

nico k ·

Stem saam met Jannie. Hulle hou die een bietjie voor die ander een. Maar 1kg is steeds groot.

Afrikaanse Knaap ·

Eks bly die manne maak vir hulle ‘n beter lewe in OZ. As SA nie die boere en avo bome soek nie, is daar geleenthede in Oz en Rusland en Georgia en die VSA.

Sakkie ·

Twee bome in Capital Park Pretoria, het konstant elke seisoen vragte van die groote en groter botterpere gelewer.

Renschia Lambrechts ·

Onnies in Aus vedien gemiddeld $4000 – $6000, so avo van $12 is eintlik goedkoop. My onnie salaris is nie eers R13 000 nie en ek moet avos koop teen R40/4. Dis vir my altyd die beste dat pryse van kos vergelyk word, maar nooit salarisse nie. Ek was daar. Hul vars produkte lyk soos ons uitvoerprodukte!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.