Ergste wingerdgriep ooit – man beland per ongeluk in skeepsvraghouer

Jian Wu is heel regs op die foto

Jian Wu was by ‘n gastehuis in Qingdao in die ooste van China ingeboek, maar het só ‘n wilde aand gehad dat hy ‘n skeepsvraghouer glo vir die gastehuis aangesien het, en daar binne aan die slaap geval het.

Toe hy wakker word, is die krat bo-op ‘n vragskip gelaai onderweg na ‘n twee weeklange reis na Los Angeles in Amerika, berig UPI.com. Alhoewel die krat geseël was, het hy sy selfoon by hom gehad en kon hy almal bel wat hy ken, insluitend die plaaslike polisie, wat by die toneel opgedaag het.

“Die probleem was egter dat hy nie vir ons kon sê in watter krat hy is nie, en daar was duisende kratte bo-op mekaar gestapel,” het ‘n woordvoerder van die polisie aan Fairfax NZ News gesê.

Hy het aanhoudend teen die krat geskop totdat die polisie hom uiteindelik in ‘n krat, wat 18m hoog gestapel is, opgespoor het. “Hy is baie gelukkig. As hy nog ‘n uur lank geslaap het, sou die volgende stop eers Amerika gewees het,” het een van die bemanningslede van die skip gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

akram ·

Wel ek dink die gaste huise in daai omgewing is baie ongerieflik. self hier by ons het die swakste gaste huise darm n bed. Hy moes erg verdwaal het. Wonder of hy die sleutelgat gesoek het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.