Facebook gons oor ‘dinosourus-jag’

Capture‘n Foto van die fliekmaker Steven Spielberg wat “spog” met die trofee van ‘n dinosourus wat hy “doodgeskiet” het, het Facebook aan die gons.

Die foto is deur die komediant Jay Branscomb op Facebook gelaai.

Hy het daarby geskryf: “Skandalige foto van ’n ontspanningsjagter wat vrolik langs ’n Trikeratops poseer wat hy pas geslag het. Deel asb dat die wêreld die veragtelike man se naam kan bekend maak en hom kan laat skaam kry.”

Die foto is reeds meer as 38 000 keer gedeel en het al meer as 7 000 kommentare. Meer as 13 000 mense het daarvan gehou. Verskeie mense het aanvanklik op die foto kommentaar gelewer en onder meer gesê dis afgryslik en dat die man moet boet vir sy dade.

Dit blyk baie mense het gedink dié mense is ernstig en dit het vinnig in ‘n moddergooiery ontaard met mense wat die wêreldbevolking se intelligensie bevraagteken het en ander wat besluit het om eerder ‘n tikkie sarkasme by te voeg.

Branscomb het later laat weet dat die foto bedoel was as sosiale kommentaar wat gemik was op mense wat teen jag gekant is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Meg ·

Dumb stupid
Some people live in their dumb shrewdly informed; canny. savvy’s

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.