Facebook-haakplek lei tot troue

Foto: Imgur

Foto: Imgur

ʼn Man van die Amerikaanse deelstaat Arkansas het ses jaar gelede weens ʼn tegniese haakplek op ʼn vreemdeling se Facebook-profiel ingeteken, min wetend wat dit tot gevolg sou hê.

Metro berig Schuler Benson het een oggend in 2009 sy selfoon gebruik om op sy Facebook-profiel in te teken. “Ek het die webbediener oopgemaak en na facebook.com gegaan en het nie eens kans gekry om intekenbesonderhede in te tik nie. Ek was reeds ingeteken. Ek het talle inskrywings gemaak voor ek agtergekom het ek is nie op my eie profiel ingeteken nie.”

Benson was op ʼn vrou genaamd Celeste Zendler van Colorado se profiel ingeteken. “Ons het nog nooit ontmoet, of in dieselfde staat gewoon nie, geen gemeenskaplike vriende gehad nie en het geen belangstellings op Facebook gedeel nie.”

Foto: Imgur

Foto: Imgur

Volgens Benson kon hy nie daarin slaag om van Zendler se profiel uit te teken nie. Zendler het uiteindelik vir Benson ʼn vriendskapsversoek gestuur waarna hy daarin kon slaag om uit te teken. Die twee het op Facebook begin klets en uiteindelik in Junie 2013 ontmoet. Zendler het later dié jaar na Arkansas verhuis.

Schuler het in 2014 die jawoord gevra deur dié keer opsetlik op Zendler se Facebook-profiel in te teken en ʼn foto van ʼn verloofring op te laai. Die paartjie is op 21 Junie vanjaar getroud. “Ek het my maat, my beste vriend, my groot liefde gevind via ʼn simpel haakplek op sosiale media. Daar is aaklige dinge in die wêreld, maar somtyds is daar mooi ook,” het Schuler gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

AmY ·

Nou toe nou. Lekker storie die. Ek glo hulle gaan gelukkig wees.

lizl ·

Wat n lekker romantiese storie om vir die kleinkinders eendag te vertel….as daar nou Facebook gaan wees daai tyd!

lizl ·

Wat n lekker romantiese storie om vir die kleinkinders eendag te vertel….as daar nou Facebook gaan wees daai tyd!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.