Facebook help vrou uit swembad

Argieffoto

ʼn 61-jarige vrou wat in ʼn swembad vasgekeer is nadat die leer gebreek het, het by die Facebook-gemeenskap om hulp aangeklop.

Leslie Kahn van New Hampshire in die VSA het op 11 Augustus in die swembad geklim toe die leertjie gebreek het en sy in die swembad gestrand gelaat is. Sy het nie genoeg krag gehad om haarself uit die swembad te kry nie. Niemand anders was by die huis nie en haar selfoon was in die huis.

Sy kon gelukkig die swembadstok gebruik om ʼn stoel nader te trek waarop haar iPad gelê het. Sy het haar dilemma met “911” op ʼn Facebook-gemeenskapsblad gepubliseer om mense se aandag te trek.

ʼn Vrou, wat naby haar woon, het met die polisie en ʼn buurman opgedaag.

Kahn het aan WMUR-TV gesê soms help mens ander, en soms moet jy om hulp vra!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.