Fietsers se roete ‘teken’ bok op kaart

(Foto: Twitter)

(Foto: Twitter)

ʼn Span fietsers het Sondag besluit om ʼn fietsroete in Perth, Australië, aan te pak sodat die app wat die roete monitor dit uiteindelik soos ʼn bok laat lyk.

Nadat hulle die roete voltooi het, is dit aanlyn gedeel en sosialemediagebruikers is gaande daaroor.

In Perth ry die meeste mense rondom ʼn rivier of oor ʼn heuwel met hul fietse, maar Ben Jones en die fietsklub waaraan hy behoort, wou iets ánders doen. “Ons hoop dat nog mense dit sal probeer en selfs kyk of hulle dit vinniger as ons kan doen.”

Jones vertel die ware rede vir die avontuur is omdat sy lewensmaat al nege maande swanger is en “dit was iets prettigs om te doen voordat ek ʼn kind het”.

Hulle het die bok gekies, omdat dit ʼn maklike dier is om te teken. Dit het die span agt uur geneem om die reis van 202 km te voltooi. “Dit is nie vir sissies nie,” het Jones laat hoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Magda ·

Baie oulik, maar wonder of dit regtig so is. Goed word so baie gemanupileer om goed te lyk in die media.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.