Lilly Vigus (18), ʼn student van Rochester in Engeland het ʼn groot fout begaan met ʼn fop-sonbrandroom. Haar vel het groen verkleur en haar vriende het gesê sy lyk soos die karakter Fiona in die rolprent Shrek.
Lilly, ʼn perdebestuurstudent, sê sy het ʼn bottel St Moriz 1 Hour Fast Tan in die skakering van “Darker Than Dark” gekoop, omdat dit die enigste een is wat in die winkel oor was. Dit was haar eerste fout. Haar tweede fout was om dit aan te smeer en toe te gaan slaap, in plaas daarvan om dit dadelik af te was, soos wat die instruksies aandui.
Sy het die volgende oggend gaan stort om die sonbrandroom af te spoel, en toe opgelet die water is groen. Toe sy uitklim, het sy gesien haar vel is dieselfde kleur.
Haar vriende het gelag en haar vinnig met prinses Fiona begin vergelyk, omdat sy met haar rooi hare en groen vel net soos die tekenprentkarakter gelyk het.
Lilly het die fout al in Februarie 2020 begaan en foto’s op haar TikTok-rekening gedeel, maar plaaslike media het eers onlangs daaroor berig.
- (Foto: Lilly Vigus/TikTok)
- (Foto: Lilly Vigus/TikTok)
- (Foto: Lilly Vigus/TikTok)
- (Foto: Lilly Vigus/TikTok)
- (Foto: Lilly Vigus/TikTok)
- Prinses Fiona as ‘n dierasie (links) en as ‘n mens (regs) (Foto: Fair Use via Wikimedia Commons)
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
7 Kommentare
Nee genade sy lyk glad nie soos Fiona nie. Eerder soos n voelverskrikker uit n nagmerrie! Sies
ha ha gelukkig kon sy dit afwas……. nie soos die gom in ‘n ander se hare!!
Is dit ek of is dit die fotos, maar ek sukkel regtig om die groen te sien. Dit lyk vir my meer na ‘n bruin, modder kleur.
Die mrk gaan haar die kop was .
As jy dom dinge doen moet jy maar die pyn vat.